Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Marita van der Vyver in die Paarl ten bate van Laat ons Lees!
2014-06-04 Marita van der Vyver en haar nuwe boek Winterkos in Provence is die fokus van ’n spesiale skrywersete wat op Saterdag 19 Julie deur die Grande Roche Hotel, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en NB Uitgewers, in die Paarl aangebied word.Klankopname: Wilna Adriaanse gesels oor Dubbelspel
2014-06-04 Wilna Adriaanse se jongste roman, Dubbelspel, is onlangs op Stellenbosch bekendgestel. Haar uitgewer, Etienne Bloemhof, het by die geleentheid haar uitgevra oor die boek.Kortlyste vir UJ-pryse bekend gemaak
2014-06-04 Vyf NB-titels het die kortlyste vir die 2014 Universiteit van Johannesburg-pryse vir skeppende skryfwerk in Afrikaans gehaal.Romanza is nege jaar oud
2014-06-04 Romanza, LAPA se druknaam vir romanses, is vandag, 4 Junie 2014, nege jaar oud. Om dit te vier, gee LAPA nege geskenkpakke weg.Varsgedruk-video: Dubbelspel deur Wilna Adriaanse
2014-06-03 Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.PharosAanlyn nou varser, vinniger en kragtiger
2014-06-03 PharosAanlyn is reeds ’n staatmaker vir verskeie gebruikers in die media-, reklame- en vermaaklikheidsbedryf. Met sy vars ontwerp, verbeterde koppelvlak en kragtige soekenjin sal die nuwe www.pharosaanlyn.co.za selfs meer onontbeerlik wees vir dié wat daagliks vinnig, akkuraat en sinvol moet kommunikeer.Enkelreis deur Zarine Roodt
2014-06-03 Zarine Roodt vertel van haar eie - en ons elkeen - se reis deur die labarint.Week van de Afrikaanse roman
2014-05-30 Woon jy in Europa? Kyk watter skrywers trek binnekort saam in die Lae Lande.Vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte deur Breyten Breytenbach
2014-05-29 en as jy stil wil blydit so moet doen
dat ander jou nie hoor nie
sodat jy maand na maand keer
op keer op die maan mag pis
sonder dat hy roes