Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
"Asof die heelal geskreeu het skryf nou die boek!"
2020-04-02"Die boek word opgedra aan almal met krake. En my wens is dat hierdie boek mense hoop sal gee, maak nie saak wat hul krake veroorsaak het nie."
Dag 7: Kwarantyn-ketting – "Van Pieter-Dirk Uys in Darling"
2020-04-02"Tannie Evita het al maande gepraat van haar nuwe kalender: Eens op ’n tyd was daar 365 dae in haar jaar. Nou is dit twee: vandag en môre."
Dag 6: Kwarantyn-ketting – "Die internet is ’n lewensreg" deur Olivia M Coetzee
2020-04-01"Dis dag ses, ek sit en wêk anlyn, en wonne oo die mense wattie die voorreg het wat ek hettie."
Pasverskyn: Luistervink deur Madré Marais
2020-04-01Marais is goed geskool in die klassieke Afrikaanse kortverhaal, maar bied vernuwing op vele vlakke. Elke verhaal bevat iets ongewoons, nie net wat betref taal en register nie, maar veral tov karakter en perspektief.
NB-Uitgewers se #TuisblyLeeslys-veldtog
2020-04-01Die katastrofiese pandemie maak dat ons almal meer tyd by die huis deurbring om ons medemens te beskerm. Jou sosiale kalender lyk dus bra kaal, maar jy kan nooit te eensaam raak as jy boeke het om jou geselskap te hou nie!
Uitgewers benoud maar moedig in die aangesig van korona
2020-03-31"Omdat boekwinkels en drukkerye se deure vir die afsienbare toekoms toe is, het die produksie en verspreiding van papierboeke vir alle praktiese doeleindes tot stilstand geknars."
Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach
2020-03-31"Altyddeur, op die agtergrond, is daar nuwe musiek ... Soos ek nog altyd met Bob Dylan se beste musiek gevind het, sal dit met die herluisters algaande meer nuanses verklap. Sy stem, sy klavier en ’n tjello. Frases waarin tye vasgevang is, van Kennedy se dood af aan. Die ou verrukking tree weer in. Die profeet se suiwer oog, die siener se silwer tong."
As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: domestic noir op sy beste
2020-03-31"Steinmair skryf hier met ’n vaardige gestropenheid, met 'woorde so blink soos messe', wat As jy van moord droom heerlik leesbaar maak. Sy is, soos haar karakters, ’n vrou vir woordekonomie, wat net die nodigste binne ’n bestek van 299 bladsye sê, sonder onnodige 'story fillers' en mooiskrywery."
Dag 4: Kwarantyn-ketting – "Dagboek van dankbaarheid in die tyd van die virus" deur Marita van der Vyver
2020-03-30"Ek dink aan my geliefdes in Suid-Afrika wat die naweek nie eens kan gaan stap nie, en ek tel weer eens my seëninge. Dalk kan ek vandeesweek ook nie meer gaan stap nie – wat my net nog meer aanspoor om nóú te gaan stap, ondanks die mistralwind wat my in normale omstandighede binne sou hou. Dis die nuwe normaal dié. ’n Staat van aanhoudende dankbaarheid."
Dag 3: Kwarantyn-ketting – "Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het" deur Koos Kombuis
2020-03-29"Vandag sou die laaste dag van die fees gewees het. Die Oudtshoornfees. Hier is ’n uittreksel uit my song 'Die laaste dag van die fees'."
Dag 2: Kwarantyn-ketting – "Tussen die boom en die bas" deur Lien Botha
2020-03-28"Hier beroep ek my daagliks op die troos van digters en die seisoenwisseling buite. Tuin en kwatryn, dus."
Dag 1: Kwarantyn-ketting – "Liefde en leef in die tyd van korona" deur Christine Barkhuizen-Le Roux
2020-03-27"En ek weet meteens: Die afgelope Woordfees se tema, gehaal uit Jan Rabie se woorde: 'Aanhou beweeg en geraas maak', is so gepas."
Boekbekendstellings in die tyd van die koronavirus: twee dae voor afsondering
2020-03-27"Die dag waarop ons ’n video van my splinternuwe boek in ons sitkamer sou skiet, maar nadat die onderhoudvoerder gekanselleer het, het ek ook besluit dis beter om nie nou nóg twee mense in ons huis toe te laat nie."
Mediaverklaring: Kortlyste van 2020 UJ-pryse
2020-03-27Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë (dit is debuutwerk en andersins) toegeken aan besondere en uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is.
Die 21-dae-kwarantyn-ketting
2020-03-26Met die land wat vir drie weke in kwarantyn is, gaan 21 skrywers – een per dag – ’n korona-kettinggesprek voer oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. Volg die kwarantynketting daagliks!
Pasverskyn: Bloedsteen deur Irna van Zyl
2020-03-25Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.
Duiwelsduo ná die Toyota US Woordfees: Maart 2020
2020-03-25"Ek is ook opgewonde oor die opwaartse kurwe (onheilspellende woorde nou) in wetenskapfiksie en distopiese romans, maar ek vermoed the curve will flatten wat betref distopiese boeke."
Hoekom, wat en hoe lees ek? ’n Bepeinsing
2020-03-25"Leser, hoekom lees jy wat nou hier lees? Het jy ook ’n eilandlysie? Ek sou graag wou weet."
Toyota US Woordfees 2020-verslag: Pedofiele skuil dikwels in die kerk
2020-03-25“Kerke wil nie hê die instelling moet skade ly nie, omdat dit dikwels vir hulle meer oor die instelling self gaan as oor die mense wat seerkry. Daarom word dit toegesmeer.”
’n Leeslys vir kinders wat tuisbly: LAPA Uitgewers se keuse
2020-03-25Is jou kinders tuis vasgekeer en sit hulle heeldag voor ’n skerm? LitNet het by ’n paar uitgewers gaan aanklop vir voorstelle wat jong lesers in hierdie tyd kan lees. Hier is boeke wat LAPA Uitgewers aanbeveel. Die kinders sal lekker lees én ontdek dis al die tyd ’n voorreg om ’n huis te hê waarin hulle in hierdie ongewone tyd vasgekeer kan wees!
