Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen

Ena Jansen Kwarantynketting 2020-04-16

"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die nuwe Afrikaanse prosaboek, saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Charl-Pierre Naudé Seminare en essays 2020-04-16

"Die Afrikaanse kortverhaal kan langs die heel beste verhaalkuns ter wêreld staan."

Romantiese ontspanningsfiksie bly gewildste

Carla van der Spuy Boeke en skrywers 2020-04-16

"Die liefde is al met elektrisiteit, ’n weerligstraal, ’n donderslag en dronkenskap vergelyk. Jy verkeer in ’n toestand waarin elke sel van jou liggaam vir romanse oorgehaal word. Om ’n liefdesverhaal te lees, het glo dieselfde uitwerking." 

Resensie: In Mamelodi het ek my God gevind deur Nico Smith

Pieter GR de Villiers Resensies 2020-04-16

"Noudat die verhoudinge tussen mense in die land in onlangse tye weer troebel geraak het en spanning dikwels akuut hoog is, is Smith se boek ’n tydige voorbeeld van die waagmoed wat nodig is om kunsmatige en destruktiewe grense tussen mense oor te steek."

Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp

Tertius Kapp Kwarantynketting 2020-04-15

"Die fliek wat ons wou maak, gaan oor ’n infeksie wat die wêreld oorneem. 'We are about to witness the greatest reckoning of all time,' sê die een karakter op ’n punt. Ek stap uit na die groenste moeras onder die groot geelhoutboom, waar die trane vlak lê. ’n Week later vra ’n vriend of ek nie eerder iets wil skryf oor hoe ons almal die lotto wen nie."

’n Bespreking van die verteller en verhalende elemente in Hammie deur Ronelda Kamfer, met ’n fokus op die onderskeidende ervarings van die spreker

Zelda Mans Lesersindrukke 2020-04-15

"Die verhaal wat in die gedigte in Hammie vertel word, vorm as ’n geheel die beeld of metafoor. Dit gebeur omdat die verhaal op die voorgrond geplaas word. Dit skep dan die illusie dat die gedig die ervaring self is."

Persvrystelling: Psst ... Het jy ’n geheim?

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-04-15

Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word in Wenkbrou se Biegboek opgeneem.

Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges

Remona Voges Kwarantynketting 2020-04-14

"Ek vier môre vir die tweede maal my verjaarsdag in kwarantyn."

Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink

Remona Voges, Madré Marais Skrywersonderhoude 2020-04-14

"Die kortverhaal het ’n sekere intensiteit, ’n vermoë om die menslike ervaring te distilleer tot iets wat die leser met ’n skok van herkenning laat. Met dié intensiteit karring hy aan jou, en bly hy aan jou karring – selfs ná verskeie kere se herlees, selfs jare later."

Resensie: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux

Carla van der Spuy Resensies 2020-04-14

"Le Roux skiet mites af en maak mense se koppe oop."

Lesersindruk: Die 17de veer deur Nanette van Rooyen

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2020-04-14

"Die verhaal ontknoop op ’n redelik voorspelbare manier, maar dit bly steeds ’n lekkerleesboek."

Resensie: As if born to you deur Susan Newham-Blake

Maryke Roberts Resensies 2020-04-14

"Die boek se rou emosie het my soms magteloos gelaat oor hoe weerloos ons is; hoe ons kinderdae ons vir die res van ons lewens kan jaag; kan verhoed om geluk te vind; te vertrou en waarlik te leef."

Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson

Frederik Rudolph van Dyk Resensies 2020-04-14

"Geniet hierdie boek, maar hou ’n Fisherman's Friend byderhand vir die onafwendbare naarheid wat jou gaan oorval."

Dag 18: Kwarantynketting – "Die tyd van virtuele voortbestaan" deur Naomi Meyer

Naomi Meyer Kwarantynketting 2020-04-13

"Uiteindelik is siek en gesond wees – en lewe en dood – nie virtueel nie. Werklik."

Dag 17: Kwarantynketting – "Hoekie vir die (nie-) eensames" deur Cliffordene Norton

Cliffordene Norton Kwarantynketting 2020-04-12

"Ek is bekommerd, maar vir die eerste keer in ’n lang tyd gee ek ook my volle aandag aan wat en wie ek in my hart ronddra."

Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais

Danie Marais Kwarantynketting 2020-04-11

"Onder die soeklig van die virus wonder ek opnuut oor die geldigheid van die gedigte waarmee ek in die laaste twee tot drie jaar gestoei het; gedigte oor die vrese en bevoorregte magteloosheid wat voorstedelinge teister."

Dag 15: Kwarantynketting – "Koue wind" deur Ruan Kemp

Ruan Kemp Kwarantynketting 2020-04-10

"Party aande maak ek my denkbeeldige bure bang wanneer ek van die stoep af skree. Voel die koue wind. Party oggende maak ek my windbuks blaf, kyk hoe die duifpeste wegvlieg. Elke dag kom ’n ou tannie verby op ’n fiets met skreeuende remme. Ons noem haar Veteran; ’n verkoue gaan haar nie afskrik nie."

Dag 14: Kwarantyn-ketting – "Onoplosbare liefde in die vloedtyd" deur Pieter Odendaal

Pieter Odendaal Kwarantynketting 2020-04-09

"Hoe langer ek my afsonder, hoe meer deurlaatbaar word ek. Ons is almal onsigbaar aan mekaar verbind, een globale tasfees. Orals waar ons vat, lê microbes wat van ons verbygaan getuig. Ek wil my neus in jou oor begrawe en nooit weer opstaan nie. My hart is lankal reeds in Peru."

Extract: A childhood made up by Brent Meersman

Brent Meersman Jonathan Ball-portaal 2020-04-09

"What is repressed must also be heard; the full story was demanding to be told. I had blotted out far too much for far too long."

Afspraak met moord – om sin te probeer maak van die sinlose

Melt Myburgh, Jana Marx Skrywersonderhoude 2020-04-09

"Om Marinda Steyn sin vir sin oor die wreedste moord denkbaar aan te haal, vat aan jou."

Top