Pasverskyn: Die verdriet van België deur Hugo Claus

  • 1

Die verdriet van België
Hugo Claus, vertaal deur Daniel Hugo
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485307662

Die verdriet van België omvat die tydperk 1939–1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Verwarring, hunkering en bedrog vorm sy jeugjare in die skoot van ’n kleurryke en verbysterende familie.

Die Vlaamse lewenswyse in hierdie historiese krisisperiode van oorlog, kollaborasie en oorlewing word deur Hugo Claus in ’n stroom van groteske en ontroerende verhale opgeroep. Dit is ’n komplekse en meesleurende roman.

Daniel Hugo se vertaling gee die Afrikaanse leser toegang tot Claus se belangrikste boek en een van die hoogtepunte van die twintigste-eeuse Nederlandstalige letterkunde.

  • 1

Kommentaar

  • Ek moet erken dat ek die karakters en insidente begin verwar, maar die Afrikaans is so mooi. Dit is 'n totale plesier om te sien hoe sorgvuldig en heerlik Daniel Hugo se vertaling is. Ek sal maar deurdruk, want Louis en sy ouers se storie sleur my mee!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top