kykNET-Rapport-boekpryse 2020: boekresensente van die jaar en commendatio’s

  • 0

Hier is die wenners van die boekresensente vir die kategorieë fiksie, niefiksie en langer resensies. 

Willie Burger, Bill Nasson en Hein Willemse

FIKSIE

Willie Burger: “Kies ’n boek” (oor Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach, Vrouekeur, 1 Februarie 2019)
https://www.vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/kies-n-boek-die-troebel-tyd-ingrid-winterbach

Willie Burger het ’n kans gevat en iets anders probeer met sy resensie van Die troebel tyd: Dit neem die vorm aan van ’n relaas oor ’n gesprek met ’n (moontlik denkbeeldige) jongeling wat skeptiese vrae aan die resensent stel oor die gereelde bekroning van Ingrid Winterbach se boeke. Binne die vertelling word konteks geskep, agtergrond verskaf en selfs kritiek uitgespreek oor Winterbach se oeuvre, maar die uiteindelike entoesiasme oor die spesifieke boek onder bespreking word nie gedemp nie.

NIEFIKSIE

Bill Nasson: “Moet ons die ABO nou liefs vir die romansiers los?” (oor Rebel: Die lewe van kommandant Hans Lotter deur Chris Schoeman, Rapport Weekliks, 8 Desember 2019)
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/moet-ons-die-abo-nou-liefs-vir-die-romansiers-los-20191207

Bill Nasson het vanjaar drie uitstekende resensies voorgelê, waarvan twee om ’n plek op die kortlys gewedywer het. Uiteindelik is dit sy resensie van Rebel deur Chris Schoeman wat met die leesbaarheid, deeglikheid en balans daarvan oortuig het. Dit getuig van kennis en insig maar is ook besprinkel met terloopse interessanthede en humor.

LANGER RESENSIES

Hein Willemse: LitNet Akademies-resensie-essay oor Verset en opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans deur JC Steyn, LitNet, 31 Oktober 2019.
https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-verset-en-opbou-deur-jc-steyn/

Hein Willemse se resensie-essay oor Verset en opbou kry dit deur middel van oortuigende argumente reg om die leser van begin tot einde te boei. Die resensie staan krities teenoor die boek wat onder die loep kom, maar kritiek word deeglik deurgetrap en die resensie lê die grondslag vir verdere gesprekvoering rondom die kwessie van Afrikaanse taalaktivisme.

LitNet Akademies-resensie-essay: Verset en opbou deur JC Steyn

Bibi Slippers

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: wenners aangekondig

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top