Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Toyota US Woordfees 2020: Reza de Wet Teaterpionier

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-05

Kom luister na voorlesings van Reza de Wet se werk op 12 Maart by die Toyota US Woordfeees.

Persverklaring: The lost boys of Bird Island

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-03-04

NB-Uitgewers vra onvoorwaardelik verskoning vir die publikasie van hierdie bewerings tot die mate dat dit Du Plessis impliseer, en vir die gepaardgaande inbreuk op sy menswaardigheid en aantasting van sy reputasie, asook die emosionele skade wat dit vir hom en sy familie veroorsaak het.

Persvrystelling: Winterskool met skryfkompetisie vir opkomende skrywers

LitNet ATKV-Portaal 2020-03-04

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied van 1–5 Junie 2020 ’n Winterskool vir opkomende fiksieskrywers aan. Die skryfskool bied vanjaar ook ’n kompetisie vir skryfwerk in die genoemde genres aan. 

Pasverskyn: As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-03-04

Hoe gemaak met die kuiken wat onder haar vlerk uit gesteel is, wat deur vreemdelinge hanteer is sodat sy haar reuk nie meer eien nie, wat grootgeword en tuisgekom het om te broei?

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Naomi Meyer, Fanie Viljoen Skrywersonderhoude 2020-03-03

"Jy moet egter ’n sterk maag hê – dis nie ’n feëverhaal nie. Dis donker, plek-plek ontstellend en volgepomp met testosteroon."

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Maretha Maartens

Naomi Meyer, Maretha Maartens Skrywersonderhoude 2020-03-03

"Jong en volwasse lesers, graad 1-leerders, konferensiegangers en nagraadse studente is almal mengselconnoisseurs. Sulke fynproewers sal ’n mengsel van humor, geesdrif, onvolmaaktheid en vinnige aksie hopelik gunstig oorweeg."

Lesersindruk: Oopmond deur Jan Vermeulen

Anke Theron Lesersindrukke 2020-03-03

"As jy iemand is wat aan tweede, of selfs derde lewens glo, óf dalk wonder oor tydreise, donkermaterie en die wonders van die heelal, is hierdie boek die boek vir jou."

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Jan Vermeulen

Naomi Meyer, Jan Vermeulen Skrywersonderhoude 2020-03-03

"Die vonk vir die verhaal was ’n uitgebreide koerantberig oor georganiseerde onwettige hondegevegte in Gauteng en die bykans onmoontlike taak van wetstoepassers om die bedryf hok te slaan."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-03

"In 2019 kon ek die Winnie Rust-skryfskool in Stilbaai bywoon."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Nelia van Zyl

Naomi Meyer, Nelia van Zyl Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-03-03

"Via 'n laat biblioteekboek spoor Joanie haar ma op."

Lesersindruk: Op soek na Jacobus Verster deur François Verster

Pierre Verster Lesersindrukke 2020-03-03

"Genotvol is die vloeiende informele skryftrant en egte deurleefdheid by byna elke deeltjie van hierdie groot legkaart."

Te boom om te boek

Dory Farr Seminare en essays 2020-03-03

"Koester bome, plant hulle, benut en beskerm hulle, wees dankbaar vir hulle gawes en weerstaan hulle vernietiging, sover dit moontlik is."

Alba Bouwer (1920–2010)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-03-02

“Die langste reis vir elke enkele mens op aarde is die reis van mens tot mens. Dit is ’n reis wat in ’n leeftyd nooit voltooi word nie.” 

Engemi Ferreira (1943–2019)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-02-28

"Haar debuutwerk, Die jaar toe my ma begin sing het, word in 1988 gepubliseer nadat sy in 1984 die eerste Skryfskool in Kreatiewe Kuns aan die Potchefstroomse Universiteit bygewoon het, en dit het onmiddellike sukses behaal. Dit het talle herdrukke beleef en dit was vir jare op die voorgeskrewe lys vir skole."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Isabel Martinson

Naomi Meyer, Isabel Martinson Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-28

"Onlangs, tydens die piek van die brande in Australië, het iemand gesê dat die mens gaan moet van voor af leer om kollektief te leef. Want die rampe tref ons as ’n eenheid."

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jelleke Wierenga

Naomi Meyer, Jelleke Wierenga Toyota Stellenbosch Woordfees 2020-02-27

"As kind was ek uitgelewer aan die vuil pote van verskeie mans, wat ek nou stelselmatig in my verhale uitroei."

Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart

Remona Voges, Cas Vos Skrywersonderhoude 2020-02-27

"Die hele digwerk van Job draai om die vraag of daar ’n God is wat hierdie wêreld regverdig bestuur. Dit is ’n vraag wat steeds gestel word, wat alle mense raak en wat van tyd tot tyd elke gelowige se asem laat wegslaan."

Wenners van LAPA se Jeugromankompetisie bekend

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-02-26

"LAPA Uitgewers het op 26 Februarie 2020 tydens ’n glansgeleentheid in Pretoria die wenners van die Jeugromankompetisie 2019 aangekondig. Die Jeugromankompetisie word tweejaarliks aangebied."

Drie pare digtersvoete loop na Wellington

LitNet Boeke en skrywers 2020-02-26

Kom luister Sondag 1 Maart om 18:00 in Die Bôrdienghuis-teater by die Breytenbach Sentrum in Wellington hoe Breyten Breytenbach, Joan Hambidge en Dominique Botha op innoverende wyse en om die beurt van hulle jongste gedigte voorlees. Hulle lees ook mekaar se gedigte.

Resensie: A century of South African theatre deur Loren Kruger

Temple Hauptfleisch Resensies 2020-02-26

"Dit is ’n hoogs akademiese publikasie wat geskryf is om as ’n soort gesprek met eweknieë, ingewydes, nagraadse studente en kenners te dien."

Top