Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Annelie Botes se "storieskatkis" laat leser met gevoel van hoop
2008-10-21 Titel: TrousseaukisSkrywer: Annelie BotesUitgewer: TafelbergISBN: 9780624046509Publikasiedatum: 30 Mei 2008Bladsye: 208Klik hier om Trousseaukis nou by kalahari.net te bestel! Sowat 'n dekade na die eerste verskyning van Annelie Botes se ...Klassieke Prinsloo se boodskap vandag nog net so tersaaklik as destyds
2008-10-14 Ek het geskryf: Die naam Koos Prinsloo was en is gekoppel aan omstredenheid. Koos Prinsloo was 'n tydgenoot in die onrustige tagtiger- en negentigerjare toe almal aan almal se kele was.Moenie vir jou langverlof wag om Annemari Coetser se jongste te lees nie
2008-10-07 As jy volgende keer by jou plaaslike biblioteek instap en jy sien die dames agter die toonbank wat gereed is om hul ergernis te onderdruk omdat jou boeke alwéér laat is, bekyk hulle mooi ...Irma Vermeulen se Verby Stormkaap vol storms, simbole en Arabier-hingste in die sonsondergang
2008-10-07 Irma Leonora Vermeulen (geb Moerdijk) is die dogter van Gerhard Moerdijk, argitek van onder andere die Voortrekkermonument en die Ministerswoning, en Sylvia Pirow, skrywer van ? aantal kinderboeke en die rubriek "Vrou in Politiek".Ronnie Belcher se speelse bekoring leef voort in Van heidebos en Skepper
2008-10-02 Polities inkorrek, seksisties, over-the-top, maar soos dit met boeregrappe ook gesteld is.Kamfer se gedigte
2008-09-24 Ronelda S Kamfer se debuut, Noudat slapende honde, is verrassend goed ontvang: positiewe resensies van ander digters, optredes by die Versindaba en Aardklop, ? dubbelbladonderhoud in Boeke-Insig, mooi boekbekendstelling, kartetse op 'n blog en nog baie gevalle van spesiale aandag.Die metafoor geslaagd sentraal in Ilse van Staden se fluisterklip
2008-09-09 fluisterklip is Ilse van Staden se tweede digbundel, ná Watervlerk.Jou liefde op kladpapier
2008-08-22 Joan Hambidge se Kladboek is in die eerste plek ’n verhaal oor die liefde. Dit handel oor die liefde tussen mense en die liefde vir skryf. Het ons dus te doen met ’n tradisionele liefdesroman? Wel, nee ...Die Korannafonteiners: 'n pragvoorbeeld van 'n streekboek
2008-08-19 Toe ek 'n klompie jaar gelede met die groot Poolse skrywer Ryszard Kapu?ci?ski 'n onderhoud voer, kon ek nie nalaat om hom te vra na sy siening van die toe hoogmoedige uitsprake oor globalisering niePoel van vergeefse sweet
2008-07-28 Snoeiskêr, die debuut van Piet Steyn, is nie swak nie, want die hedendaagse beleid is uitkomsgebaseerd, en dit beteken verkope. Dit is ongetwyfeld die beste roman oor ? reeksmoordenaar in Afrikaans. En die enigste.Hofmakery in die sterreryk
2008-07-28 In Lucas Malan se jongste bundel, Vermaning, hoor mens op ’n nuwe en verrassende wyse die stem van die mens wat betower is deur die kosmos en spesifiek deur die maan en die sterrehemel.André le Roux lê die absurditeite van ons bestaan treffend bloot
2008-07-24 Na bykans 20 jaar, volg André le Roux sy bundel dokumentêre fiksie – Stoel – met Kom ons sit sommer by die tafel op.Tema van verlies met seismografiese keurigheid vasgelê in Hambidge se Palindroom/Koesnaatjies
2008-07-22 Joan Hambidge se jongste boek kan van weerskante benader word. Die voorste en agterste buiteblad van die boek dra dieselfde ontwerp asook dieselfde onderskrif: "Met hierdie teks word die Januskop van Joan Hambidge gedemonstreer: enersyds parodies ...Huldeblyk aan ’n belangrike boek wat my soos ’n fokken idioot laat voel het
2008-07-10Genugtig! Uitgewers is een van my gunsteling Afrikaanse uitgewers. Hulle gee boeke uit wat waag, wat mense laat praat, boeke deur skrywers wat dinge anders en nuut doen.
