Biebouw-resensies

Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.

'n Aanvulling tot religieuse poësie in Afrikaans: Rosa Smit se Die begeleiding van duiwe

2009-01-13 Snaartjie Windvogel het in Etienne van Heerden se roman In stede van die liefde ’n besondere verhouding met duiwe gehad.

Etienne Leroux se Die 18-44-trilogie bied veelvlakkige waarde

Louise Viljoen 2009-01-08 Etienne Leroux is een van die reuse van die Afrikaanse letterkunde. Saam met Jan Rabie en André Brink het hy vanaf die vyftigerjare van die vorige eeu vernuwing gebring in die Afrikaanse prosa en dit op ’n internasionale peil geplaas soos aangedui deur die sukses wat vertalings van sy werk behaal het.

Kaburu: ’n Drama vir die verhoog

2008-12-19 Met die huidige gepubliseerde drama keer Opperman weer eens terug na daardie broeiende donkerte in sy kunstenaarspsige om dieselfde temas te ondersoek, maar op datum gebring na die kwessies van 2007

Blaai deur die landskap van Provence met Marieta van der Vyver se Franse briewe

Sonja Badenhorst 2008-12-18 In Junie 2004 beland ek tydens ? blitsbesoek aan Skotland in die geskiedkundige Edinburgh.

Die boek van Ester, Malene

2008-12-17 Malene, Die teendeel is waar. Ek noem nêrens van die Ira se betrokkenheid by politieke toesmeerdery nie, niks van Ester en Samuel se "romanse" in Londen of haar reis na Beirut nie, asook bitter min van die internasionale sindikaat ...

Morné Malan se Suiderkruis: 'Hy’s nie sonder sy foute nie, maar perfek maak nie noodwendig mooi nie'

Shané Kleyn 2008-12-11 Suiderkruis vertel die hartseer verhaal van Magriet wat haar twee seuns, Hennie en Dawid, in Johannesburg gaan soek nadat die Australiese Southern Cross-windpomp op die werf van hul Vrystaatse familieplaas op ? dag "[k]op verloor".

Verhaal oor hackers en hul onderwêreld beloof om tieners vasgenael te hou

Herman Wiid 2008-12-10 Verbeel jou vir een oomblik jy is vasgevang in die kuberruimte van internasionale rekenaarnetwerke.

Met 13 uur bewys Deon Meyer opnuut hy is in ’n klas van sy eie

Suzaan Hauman 2008-12-08 "Toe Deon Meyer deur die loop van verlede jaar bekend gemaak het dat hy vanaf die begin van 2008 voltyds gaan skryf, kon aanhangers van dié skrywer en sy spanningsverhale hul geluk nie glo nie."

Estetiek en rykdom van metafore dwing jou om Piet van Rooyen se kwansuis noukeurig te lees

Ampie Coetzee 2008-12-04 Daar het al ses prosawerke en drie digbundels van Piet van Rooyen verskyn. Sy jongste bundel, kwansuis, is uitgegee deur Human & Rousseau.

Die Boek van Ester – pure vakansieleesgenot

Herman Wiid 2008-12-04 Met titels soos Rebecca en Met ander woorde reeds agter haar naam, spog Wilna Adriaanse hierdie feesseisoen met ’n splinternuwe toevoeging tot die liefdesroman-genre.

T’sats se kind bevestig die belangrikheid van Willem D Kotzé se preserveerkuns in Afrikaans

Dorothea van Zyl 2008-11-26 In die voorwoord tot T’sats se kindnoem die skrywer dat die boek ’n vervolg is op T’sats se wraaken dat daar gevolglik “enkele terugflitse” sal wees na die vorige boek, hoewel dit ’n verhaal op sy eie is.

Rooi Luiperd sal jou, soos Bond, van jou nagrus beroof

Pieter Hugo 2008-11-26 Benewens al sy kinder-, jeug- en tienerverhale het Francois Bloemhof ook al 'n goeie dosyn romans geskryf.

Om te kleef aan die amarant: Pirow Bekker se Van roes en amarant

Marius Crous 2008-11-12 Pirow Bekker debuteer in 1965 as digter met Die klip sing, wat opgevolg word deur Toekomstige betrekkinge (1975), Definisies deur die bloed (1978), Eskarp (1987), Rasuur (1983) en Stillerlewe (2002).

Etienne van Heerden se Die Stoetmeester na vyftien jaar steeds aktueel

Izak de Vries 2008-11-11 Etienne van Heerden se Die Stoetmeester is na vyftien jaar weer uitgegee, in 'n moderne baadjie. Maak die baadjie die boek? Nee, maar dis 'n mooi baadjie. En die inhoud? Hoe pas dit by die baadjie? Wel, kom ons kyk.

Versindaba 2008: Mag niemand ooit vir hulle moe nie?

Shané Kleyn 2008-11-11 "Ek hoop dat hierdie versamelbundel boordensvol nuwe verse soos vars heunings sal wees," skryf die samesteller, Marlise Joubert, in die inleiding van Versindaba 2008.

Twaalf verhale – ’n aangrypende geheel

Catrina Aldrich 2008-11-04 Willemien Brümmer is 'n bekroonde joernalis wie se pasverskene kortverhaalbundel, Die dag toe ek my hare losgemaak het, klinkklaar bewys dat sy ook fiksie met groot vernuf kan hanteer.

Op soek na die ontglippende begeerlike: Aucamp versmelt sofistikasie en 'onfatsoenlikheid'

Bernard Odendaal 2008-10-28 Met Vlamsalmander bou Hennie Aucamp op voortreflike wyse voort op wat in sy twee vorige digbundels, Hittegolf en Dryfhout, maar ook in die res van sy verskunsoeuvre, bereik is.

Helene de Kock se Dieper water ideale ontspanningsmateriaal vir aanhangers van die liefdesroman

2008-10-28 Met die lees van die flapteks is dit duidelik dat Dieper water 'n liefdesroman is. Dis 'n lywige boek (509 bladsye) waarin die wel en wee van die Rouxs en later die Fronemans onder die loep kom.

Meulenhof se mense na jare steeds ’n lofwaardige teks

Joan Hambidge 2008-10-23 Hierdie roman word bemark as 'n eg-menslike, tydlose verhaal wat vandag nog steeds helder tot die leser spreek.

Bewaar Anchien Troskie se nuutste van serieuse Afrikaanse kritici in stywe wandelgange

2008-10-22 Van die onthutsende donker dieptes van haar outobiografiese debuut, Dis ek, Anna tot ’n veerligte wals getitel Nooit is ’n lang, lang tyd het Anchien Troskie slegs vier jaar benodig om die suksesvolste Afrikaanse skrywer in baie jare te word
Top