Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Kommentaar op Chinchilla-resensie ...
2008-02-28 Ek glo in die mag van resensies – 'n goeie resensie neem my reguit boekwinkel toe. Johan Anker se resensie oor Nanette van Rooyen se debuutroman Chinchilla was egter vir my teleurstellend. Resensies moet 'n nuwe boek aan 'n breë spektrum ...Kommentaar oor Hemelhel-resensie
2008-02-27 Ten eerste word die komplekse boek met die teenstrydige titel in twee resensies verdeel om dit vir die resensie-leser te vergemaklik. Net soos in die twee uiteenlopende resensies waar eers 'hel' en dan 'hemel' bespreek word, gaan daar kommentaar ...Chinchilla-resensie: geen trauma in my ge-Anker
2008-02-27 Met die eerste oogopslag van die resensie van Johan Anker oor die roman, Chinchilla, geskryf deur Nanette van Rooyen, weet die leser dadelik dat die roman handel oor trauma en die verwerking daarvan. Die titel is kort en kragtig. Dit stel die styl ...Louise Viljoen: tyd vir nuwe Polaroids?
2008-02-27 Louise Viljoen se resensietegniek verdrink my in perfeksie. In haar resensie van Tom Dreyer se kortverhaalbundel Polaroid kom sy met, soos Afrikaanse krieketkommentators dit dikwels kwytraak, “teksboek-spel” na vore.Haar styl is ...Kommentaar op Glas-resensie
2008-02-27 Izak de Vries prys JM Gilfillan se nuwe kortverhaalbundel Glas behoorlik in die resensie, “Glas: Twintig lekker stories”. Dit is Gilfillan se vyfde boek en bevat, volgens De Vries, “gestroopte verhale”. Hy meen dat hierdie ...Crous slaan die spyker op die kop
2008-02-27 Die resensie deur Marius Crous oor Pat Stamatélos se boek, Die val van die dice, het onmiddellik my aandag getrek. Eerstens omdat dit handel oor 'n vrou wat trou met 'n Griek, hoewel hy nie die Griek was op wie sy verlief geraak het nie. Ek ...Kommentaar op Glas-resensie
2008-02-27 Izak de Vries gee 'n goeie en deeglike oorsig oor die bundel kortverhale, Glas. De Vries is duidelik ingenome met die temas wat deur al die kortverhale vloei en hoe dit intertekstueel verbind word. Dit is tog moeilik om dieselfde tema oor en oor te ...Onbedoelde poësie: Bernard Odendaal se Onbedoelde land
2008-02-21 Onbedoelde land van Bernard Odendaal is ’n lywige bundel en bevat 64 gedigte, byeengebring in vier onderafdelings wat 102 bladsye beslaan. Die eerste afdeling dra die titel “Harmonie, distrik Bloemfontein” en bevat nostalgiese ...Kommentaar op Louise Viljoen se resensie van Polaroid
2008-02-18Louise Viljoen se openingsparagraaf trek onmiddellik die leser se aandag aangesien sy sonder meer inval deur te verwys na Dreyer se vorige romans. Die feit dat sy interessante aspekte van die eerste twee romans – naamlik ...
Kommentaar oor Johan Anker se resensie van Die blou van ons hemel
2008-02-18 Die taak van die literêre kritikus word op verskeie wyses omskryf. Eenvoudig gestel kan ons verduidelik dat dit die taak van die literêre kritikus is om letterkundige werke te analiseer, te interpreteer en bekend te stel aan die publiek. ...Hemelhel - Kommentaar op twee resensies
2008-02-18 Resensies het voorwaar ’n groot invloed op die gewildheid van ’n boek. Na aanleiding van Marais se resensies het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom: Die manier waarop ? boek geresenseer word kan maklik mense be?nvloed om ...Kommentaar op Louise Viljoen se resensie oor Die boek van toeval en toeverlaat, geskryf deur Ingrid Winterbach
2008-02-18 Ek lees en ek lees weer! Ek dink en ek dink weer, maar my logiese denkprosesse laat my gruwelik in die steek en verhoed my om daardie bevredigende punt te bereik waar dinge vir my sin maak en ek presies weet waarheen ek oppad is met hierdie boek wat ...Desmond Painter se bespreking van Siegfried ontoeganklik
2008-02-15 Desmond Painter se resensie van Willem Anker se debuutroman, Siegfried, is beslis nie ? lesersvriendelike resensie nie; in elk geval nie vir die nie-akademiese leser nie. Siegfried, bygesê, is ? komplekse werk en tot Painter se ...’n Ietsie vir almal
2008-02-15 Loftus Marais se eksperiment om twee resensies van die boek Hemelhel te plaas, bied nie net ? kritiese kykie van wat in die boek aangaan nie, maar ook ? opheffende blik op die boek.Was die eksperiment geslaagd? Wel, ja, dit laat die leser ...Kommentaar op Chinchilla-resensie: aangrypende roman oor trauma
2008-02-15 Johan Anker se resensie, “Chinchilla: aangrypende roman oor trauma”, het ware leesgenot aan hierdie leser verskaf. Die resensie is verder ? leersame maatstaf vir enige voornemende resensent.Die titel van die resensie verskaf ...Kommentaar op Polaroid-resensie
2008-02-15Louise Viljoen is soos ’n gunsteling tannie wat jou oornooi om resensie-koekies in Tom Dreyer se karavaan te gaan bak. As meestersjef word die presiese bestanddele versamel om die aanloklikste brousel te vervolmaak. Sy ken haar storie en tyd vir ...
