Crous slaan die spyker op die kop

  • 0

Die resensie deur Marius Crous oor Pat Stamatélos se boek, Die val van die dice, het onmiddellik my aandag getrek. Eerstens omdat dit handel oor 'n vrou wat trou met 'n Griek, hoewel hy nie die Griek was op wie sy verlief geraak het nie. Ek vind dit baie vreemd dat sy met Laki Pap-pasani se broer getrou het, al was hulle ontmoeting volgens die boek baie spectacular.

Tweedens trek Suid-Afrikaanse geskiedenis en veral Apartheid my aan soos 'n mot na 'n vlam. Volgens my het Marius Crous homself baie goed van sy taak gekwyt in hierdie resensie. Die resensie is in sy geheel in 'n goeie styl geskryf en hy gee met die woordtelling en spasie wat resensente inperk, 'n oorredende en treffende oorsig van die boek. Hy begin die resensie met agtergrondsinligting van die skrywer en die oorsprong van die boek terwyl hy gereeld gebruik maak van gepaste aanhalings (sitate) wat bydra tot geloofwaardigheid van die resensie.

Hy bespreek onder andere die titel, die oorsprong van die titel en die betekenis daarvan in die resensie, asook die voorblad en wat dit suggereer in verband met die storie. Hy tref ook doeltreffende vergelykings met ander boeke, onder andere Darryll Accone se boek, All Under Heaven. Crous beklemtoon ook 'n noue verband tussen Pat Stamatélos en EKM Dido se werk, wat lesers wat meer vertroud is met Dido se werk, ook inspireer om hierdie boek te lees. Volgens Crous is daar sekere punte van verbetering, maar hy gee 'n goeie waarde-oordeel oor die boek.

Hy is baie suksesvol met die beskrywing van die roman en gee nie onnodige inligting nie, maar net genoeg om die leser nuuskierig te maak oor wat in die boek gebeur. Volgens my is die resensie baie oorspronklik en lesersvriendelik geskryf en ek sien uit om die "boek" by die horings te pak en te begin wegraak in die getroude lewe van Pattie Peters.

C Gous

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top