Kommentaar op Chinchilla-resensie: aangrypende roman oor trauma

  • 0

Johan Anker se resensie, “Chinchilla: aangrypende roman oor trauma”, het ware leesgenot aan hierdie leser verskaf. Die resensie is verder ? leersame maatstaf vir enige voornemende resensent.

Die titel van die resensie verskaf bepaalde inligting aan die leser. Die leser weet dus dadelik dat die roman sy of haar aandag sal hou en dat die roman oor traumatiese gebeure handel. Deur na die titel te kyk, weet die leser dus dat die resensie ? positiewe vorm sal aanneem. Hierdie inligting vergemaklik die lees van die resensie.

Die resensie open met ? aanhaling “oor die verwerking van trauma”, wat die leser reeds deur die titel kon aflei, een van die temas van die roman uitmaak. Hierdie aanhaling trek die leser se aandag en bied ook afwisseling deur nie direk na die gebeure in die roman te verwys nie. Die feit dat Anker in sy inhoud aandag aan verskeie karakters en hul ervarings gee, skep ? mate van vertroudheid met die karakters van Chinchilla. Deur hierdie beskrywing gee die resensent ook te kenne wat die leser kan verwag in die roman.

Anker wys die leser daarop dat die roman terugflitse bevat, wat die volgorde van gebeure verduidelik. Hy wys ook aan die leser dat daar Jungiaanse elemente in die roman voorkom, asook waarop hierdie elemente dui. Die kennis wat die leser hierdeur opdoen, maak hom of haar bewus van die “simbolies[e] proses van heelwording” en dus ook hoe die roman benader kan word. Deur parallelle te trek “vir [die] helingsproses by Lea” brei Anker die interpretasie van Chinchilla verder uit. Hierdie kennis kan dus die lees van die roman vergemaklik.

Die positiewe trant waarmee die resensie open, word regdeur die stuk volgehou. Dit maak die resensie dus geloofwaardig. Die taalgebruik en styl van die resensie is maklik verstaanbaar. Die resensie gee aan die roman ? aanloklikheid.

Chinchilla: aangrypende roman oor trauma” is ? aansporing om Nanette van Rooyen se roman te lees. Knap gedaan, Johan Anker!

N Smuts

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top