Kommentaar op Glas-resensie

  • 0

Izak de Vries gee 'n goeie en deeglike oorsig oor die bundel kortverhale, Glas. De Vries is duidelik ingenome met die temas wat deur al die kortverhale vloei en hoe dit intertekstueel verbind word. Dit is tog moeilik om dieselfde tema oor en oor te gebruik, sonder om te klink asof jy neul. Wat ek waardeer het was dat hy volledig 'n agtergrond gegee het oor die skrywer en haar oeuvre. Dit is nuttige agtergrondinligting, veral indien die skrywer onbekend is aan die leser.

Izak de Vries se resensie oor Glas was egter vir my 'n teleurstelling. Met 'n woord soos "lekker" in die titel skep dit die verwagting van ? nie te vermoënde skrywe nie. Iets wat jy tussen werkstukke vir ontspanning kan lees of 'n storie of twee vir vermaak oor 'n naweek. Tog is die resensie nie so "lekker" geskryf nie en wens mens soms vir bietjie meer alledaagse taal.

Die resensie lees moeilik en mens struikel soms oor sommige woorde. Soms voel die temas wat De Vries deurgaans probeer implementeer geforseerd en soetsappig soos "Hy is Ray. Hy bring lig". Vir wie moet ek kwalik neem? De Vries? Of Gilfillan?

Ek is wel in twee geskeur oor die verwysings wat De Vries maak na Gilfillan se ander boeke. 'n Nuwe boek bring nuwe geleenthede om nuwe temas te ontdek en te ondersoek. Dit is so maklik om in 'n groef van 'n tema vasgevang te raak en nie jou as skrywer te inspireer om nuwe uitdagings aan te pak nie. Is die boek na sy mening dus nie oorspronklik genoeg nie? Dit is die vraag wat my bybly. Aan die ander kant ontdek en probeer Gilfillan dalk net haar niche verbeter en 'n kuns verfyn.

Carline Jansen van Nieuwenhuizen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top