Hemelhel - Kommentaar op twee resensies

  • 0

Resensies het voorwaar ’n groot invloed op die gewildheid van ’n boek. Na aanleiding van Marais se resensies het ek tot die volgende gevolgtrekking gekom: Die manier waarop ? boek geresenseer word kan maklik mense be?nvloed om ’n boek te koop al dan nie. Nadat ek die twee resensies gelees het, het ek besef dat mens werklik die boek goed moet deurlees om soveel te kan kwytraak. Die resensie wat op die positiewe kant van die boek gefokus het, was nogal in die kol. Die simpatieke en eerlike manier waarop die resensent na die boek kyk is nogal aangrypend. Die feit dat dit nog so ’n jong skrywer is, is natuurlik in ag geneem. ’n Goeie resensent moet besef dat hy te alle tye objektief na die boek moet kyk.

In die eerste resensie word daar prontuit genoem dat die boek nie die 208 bladsye werd is nie. As jong leser wat myself met van die karakters in die boek vereenselwig moet ek verskil. Die boek is maklik leesbaar en selfs die gewone man op straat sal maklik kan verstaan waaroor die boek gaan. Die feit dat die resensent erken dat die boek nie sonder foute is nie, getuig van goeie resensiekunde. Die resensent kry dit reg om die sterk punte te laat uitstyg bo die swak punte van die boek. Dankie vir resensente wat die fyner dinge in die lewe waardeer en verstaan.

SM Koopman

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top