Kommentaar op Glas-resensie

  • 0

Izak de Vries prys JM Gilfillan se nuwe kortverhaalbundel Glas behoorlik in die resensie, “Glas: Twintig lekker stories”. Dit is Gilfillan se vyfde boek en bevat, volgens De Vries, “gestroopte verhale”. Hy meen dat hierdie “bundel oor mense en hulle geliefdes” ? welkome tematiese afwisseling van onderwerpe rakende die “nuwe Suid-Afrika, die ANC en vlakke van misdaad” is. Ek wil egter hier van hom verskil aangesien ? verhaal wat hierdie aspekte aanspreek nie sonder meer ? cliché is nie. Dit is, inteendeel, egter realisties – en solank nie oordrewe nie, moontlik eerder ? welkome afwisseling van die liefdestema as enigiets anders!

Die opskrif van De Vries se resensie beskryf die verhale in die bundel as “stories”. Dit skep dadelik, tog effens onbewustelik, ? neerhalende indruk. Alhoewel “stories” tog as die sinoniem vir “verhale” in die HAT (vierde uitgawe, Odendaal en Gouws, 2000) aangedui word, word daar tog in die volksmond ? meer oppervlakkige konnotasie ten opsigte van stories gemaak. De Vries prys deurgaans die skrywer se werk en het dit moontlik nie so bedoel nie, maar tog is dit onvermydelik.

De Vries moet egter self geloof word vir sy pragtige beskrywings in die resensie. Onder die opskrif “? Prikkelende voorblad” skryf hy in die laaste paragraaf hoe die “prag ontbloot in die lig van die maan ... verhale deurspoel van kleur en lig.” Soortgelyke beskrywings kom deurgaans voor. Gilfillan kan waarlik tevrede wees om sulke positiewe kommentaar te geniet.

Ronelle van der Merwe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top