Kuberklas Kreatief

Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Publikasie is onderhewig aan keuring.

WF 2015: Eksperiment 1987

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek hardloop. So vinnig as wat my bene my kan dra. Totdat hulle begin brand en my hartklop so hard is dat ek niks anders kan hoor nie, maar ek kan nie stop nie. Hulle kom nog. Ek kan nie nou opgee nie, anders is ek uit.

WF 2015: Wetenskap

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Dit kan soveel wonderbaarlike dinge in ons lewe verrig. Dis al wat in my kop aangegaan het toe ek by die Deadalus Moderne Ontwikkelingsprogram aangesluit het.

WF 2015: Reg vir baklei

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Ek mis my bed. Ek mis my wiskundeonderwyser, televisie, my selfoon. Dis ongelooflik hoe jy eers besef hoe gelukkig jy was as jy alles verloor het. Ek mis hulle. 

WF 2015: Om my toekoms te red

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-29

Die verlede. Dis iets waarmee ’n mens nie moet speel nie. Maar wanneer die wêreld om jou val en jou enigste alternatief die dood is, dan waag jy dit om waaghalsige dinge te doen.

WF 2015: 'n Regte glimlag

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Elke spesie het ’n swak punt. Die rede vir sy probleme. En die mens, wel, ’n mens is nie anders nie. In die jaar 2051 het navorsers bewys dat ons mense baie beter sou funksioneer sonder ons grootste swak punt: emosie.

WF 2015: ’n Nuwe begin

Karla Muller Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Ek is in die verkeerde era gebore. Dit besluit ek finaal terwyl ek staar na die wit mure wat my omsluit. “Mejuffrou van Jaarsveld.” Ek spring verskrik op toe ek my naam hoor. “Dankie, Jaco!” Ek is uit die tronksel nog voor die deur al heeltemal oop is.

WF 2015: Tyd wag nie

Handré Jankowitz Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Oop. Alles … is … óóp. My … neus (die sintuigorgaan se naam spring in my verstand op) ruik die allervreemdste geure. Dit ruik – skóón. Skerp lig dring my oë wreed binne. 

WF 2015: Buitenaardse wesens

Christien Verboon Kuberklas Kreatief 2015-04-28

“En dit is hoekom dit heeltemal onmoontlik is vir enige buitenaardse wesens om te bestaan.” Juffrou Van Heerden kyk selfvoldaan na die klas. “MARAIS!” Ek skrik wakker en vryf my oë uit. “Hmmm?” Die klas begin saggies giggel.

WF 2015: Oorlewing

Christine Vivier Akademies en skole 2015-04-28

Doef! My kop tref die baksteenmuur met ’n slag. Ek steier terug en sak met ’n kreun neer terwyl sterretjies voor my visie dans. Die ruimtewese pyl op my af. Dis verby met my.

WF 2015: Die einde ... of die begin

Nicole Steinmann Kuberklas Kreatief 2015-04-28

Ek en my oom koop lekker kruideniersware in die winkel toe ons ’n harde gil van ’n vrou net buite die winkel hoor. Ons dink eers die vrou het seergekry. Toe ons by die winkelsentrum uitstorm, kan ons ons oë nie glo nie – ’n groot ruimtetuig hang oor die hele winkelsentrum en oor ’n hele paar huise.

WF 2015: Sluitingsdatum uitgestel

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-04-22

Goeie nuus! Gr. 10- tot 12 leerders het nou tot 8 Mei om hul wetenskapfiksie-kortverhaal in te skryf!  Zoem na die toekoms en skryf jou ervaringe neer om groot pryse te wen.

WF 2015: Skrywer Elizabeth Wasserman se ses vinnige skryfwenke

Elizabeth Wasserman Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Lees baie. Jy sal gou agter kom hoe die kuns van storie-weef werk. Daar is nie iets soos ‘n goeie en suksesvolle skrywer wat nie ook ‘n leesvraat is nie. 

WF 2015: Wees ons genadig

Jeanette van As Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Skote. Een. Twee. ’n Oomblik stilte. Toe die gille.

WF 2015: Net my ma het geweet

Nicole Steinmann Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Ek wag agter ’n groot afvaltrok waar ek wegkruip vir die ruimtewesens. Dis vandag presies ’n week gelede toe die ruimtewesens op moeder aarde geland het om almal van die aarde te verwyder.

WF 2015: Inval

Sue-Anja Bresler Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Eergister het ons nog gewonder of daar lewe op ander planete is. Thank you very much, Discovery. Daar ís toe! Gisteroggend was die televisienuus vol van die reuse-ruimteskepe, groot stofsuiers wat mense soos klein korreltjies opsuig. 

WF 2015: B-56371

Sue-Anja Bresler Kuberklas Kreatief 2015-04-20

Na die Derde Wêreldoorlog is die wêreld in chaos gedompel. Die oorlog, bomme en siektes het miljoene mense uitgewis. Die mense wat oorgebly het, is in twee groepe verdeel.

WF 2015: Skrywer Eldridge Jason gee raad

Eldridge Jason Kuberklas Kreatief 2015-04-17 Wat maak ’n goeie kortverhaal? Ek glo altyd dat ’n goeie kortverhaal oor die vermoë moet beskik om die leser te boei. Die storielyn moet jou gevange hou. Jy, die leser, moet die gewillige slaaf wees van ’n verhaal waarin jy brand om uit te vind wat volgende gaan gebeur. ’n Goeie storie, so glo […]

WF 2015: Invallers

Christine Vivier Kuberklas Kreatief 2015-04-17

Loeiende sirenes laat my oombliklik penregop in my bed sit. Ek kyk verward rond. Die alarm bo in die kamerhoek gooi vreemde rooi en blou skynsels oor die sewe beddens in die kamer. Rondom my kom almal stadig orent soos hulle ook deur die skril geskreeu wakker gemaak word.

WF 2015: Toekomstige museum

Christine Vivier Kuberklas Kreatief 2015-04-17

“Die volgende toestel was jare gelede gebruik vir kommunikasie. Dit word ’n selfoon genoem.” Die museum toergids sug bedroef en lig die klein reghoekige toestel op sodat ons klas dit beter kan sien.

WF 2015: Volgende

Marilene Blom 2015-04-10 Die skoenlappergeel kanolabloeisels is melerig sag teen my donkergroen vingerpunte. Sonstrale val op die aarde soos pyle, vererger deur die groeiende osoongaping, maar die ultraviolet brand nie my lyf nie en die lig is onskadelik vir my donker oë. Die organiese stilte word skielik onderbreek deur die swiepende skroef van een van hul reuse-vliegmasjiene. Elsra, […]
Top