Kuberklas Kreatief
Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Stuur inskrywings na naomimeyer@litnet.co.za. Publikasie is onderhewig aan keuring.
WF 2015: Invallers
2015-04-17Loeiende sirenes laat my oombliklik penregop in my bed sit. Ek kyk verward rond. Die alarm bo in die kamerhoek gooi vreemde rooi en blou skynsels oor die sewe beddens in die kamer. Rondom my kom almal stadig orent soos hulle ook deur die skril geskreeu wakker gemaak word.
WF 2015: Toekomstige museum
2015-04-17“Die volgende toestel was jare gelede gebruik vir kommunikasie. Dit word ’n selfoon genoem.” Die museum toergids sug bedroef en lig die klein reghoekige toestel op sodat ons klas dit beter kan sien.
WF 2015: Volgende
2015-04-10 Die skoenlappergeel kanolabloeisels is melerig sag teen my donkergroen vingerpunte. Sonstrale val op die aarde soos pyle, vererger deur die groeiende osoongaping, maar die ultraviolet brand nie my lyf nie en die lig is onskadelik vir my donker oë. Die organiese stilte word skielik onderbreek deur die swiepende skroef van een van hul reuse-vliegmasjiene. Elsra, […]WF 2015: Wie is nóú die alien?
2015-03-22 Ek kruip agter die bank weg, gespanne ... asem ingehou wag ek vir die rooi lig om weg te gaan. Die oomblik toe die lig weg is, staan ek op en hardloop so vinnig as wat ek kan na die kelder se deur toe. Die deur kraak toe ek dit oopmaak en ek hardloop die trappe vier-vier af na waar my vriende bang sit. “Kom!” fluister ek vir hulle.WF 2015: Annabelle Viljoen – die tiener-robot
2015-03-17 My naam is Annabelle Viljoen, en ek was gebruik vir ’n eksperiment – ek is nou ’n robot! Ek kan nie presies onthou wat gebeur het nie en aangesien niemand my wil vertel nie, het ek besluit om self uit te vind.WF 2015: Die Mars-uitstappie
2015-03-03Die wag is verby! Lees die eerste inskrywing vir LitNet Akademies Kuberklas se wetenskapfiksie-skryfkompetisie hier.
WF 2015: Skryf ’n wetenskapfiksiekortverhaal en wen!
2015-02-05LitNet Akademies Kuberklas nooi leerders in graad 10 tot 12 uit om hul Afrikaanse wetenskapfiksiekortverhaal van 700 tot 1 000 woorde in te skryf.
Die verlore geskenk
2015-02-02 "Die hondjie is bruin met kort beentjies, en hy het pragtige swart kolle op sy rug. Hy het die oulikste gesiggie wat Riana nog gesien het."Vasgekeer
2015-01-23 Uit die pen van 'n graad 5-leerder: "'Moet ons net hier wag tot die storm verby is?' vra Liza met ’n bewerige stemmetjie. Sy gaan sit op die grond en trek haar knieë tot teen haar bors."Poësieskryfkompetisie vir leerders
2014-09-08Laer- en hoërskoolleerders word uitgenooi om aan die 18de Poetry Africa-poësieskryfkompetisie deel te neem.
Skerpskryf - kompetisie vir leerders
2014-04-09Skerpskryf is ’n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein. Dit word vanjaar vir die vierde keer aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl.
