Poësieskryfkompetisie vir leerders

  • 0


Die Sentrum vir Kreatiewe Kunste (Universiteit van KZN) doen ’n beroep op leerders om gedigte voor te lê as deel van die 18de Poetry Africa poësieskryfkompetisie vir leerders.

Die befondsing vir hierdie kompetisie is grootliks afkomstig van die Stad Durban en die KwaZulu-Natal Departement van Kuns en Kultuur.

Poetry Africa het ’n lang verbintenis daartoe om ’n kultuur by die jeug te skep waar poësie gelees en geskryf word. Hulle nooi laer- en hoërskoolleerders uit om aan hierdie opwindende poësiekompetisie deel te neem.

Die gedigte hoef nie oor ’n spesifieke onderwerp te handel nie en dit kan in Afrikaans, Engels of Zoeloe geskryf word. Voorleggings word beperk tot twee gedigte per leerder, met ’n maksimum lengte van een A4-bladsy per gedig. Onleesbare inskrywings sal nie aanmerking geneem word nie.

Gedigte kan per hand afgelewer word by die Sentrum vir Kreatiewe Kunste (Howard Kollege Kampus UKZN), per e-pos gestuur word na poetryafrica@cca-ukzn.co.za of gefaks word na 031 260 3074. Dit moet die Sentrum nie later as 19 September bereik nie.

Die 18de Poetry Africa-fees vind van 13 tot 18 Oktober plaas.

Wenners sal hul gedigte op 17 Oktober op die hoofverhoog van die Poetry Africa-fees lees. Pryse sal deur Adams Booksellers en die Sentrum vir Kreatiewe Kunste toegeken word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top