LitNet Akademies Kuberklas het in 2012 die grootste Afrikaanse wetenskapfiksiekortverhaalkompetisie vir hoërskoolleerders van graad 10 tot 12 aangebied. Inskrywings van regoor die land is ontvang. Interessante temas, soos kloning, robotte, genetiese manipulasie, ekologiese rampe en die liefde in ’n distopiese toekoms, is ontgin.
Die pryse wat deur die wenners en die eerste-prys-wenner se skool losgeslaan is, was kontantpryse en boekpryse geborg deur LAPA. Die eerste-prys-wenner het boonop ’n iPad ontvang, wat geborg is deur BURO.
Elzette Steenkamp, een van die beoordelaars van die wetenskapfiksiestories en LitNet Akademies se produksiebestuurder, het die iPad by BURO op Stellenbosch in ontvangs geneem om aan die eersteprys-wenner, Trudie Coetzee te oorhandig.
![]() |
| Cobus Kok, mede-eienaar van BURO, het gesê hy hoop die prys in die vorm van die iPad sal die wenner se kreatiewe skryfwerk nog verder bevorder. Foto: Chrizane van Zyl |
Lees al die inskrywings van die wetenskapfiksiekompetisie hier.
Lees ’n onderhoud met die eersteprys-wenner van die kompetisie.
Lees ’n onderhoud met die tweedeprys-wenner van die kompetisie.
Lees ’n onderhoud met die derdeprys-wenner van die kompetisie.


