Kuberklas Kreatief
Talentvolle leerders deel hier hulle kortverhale en gedigte. Publikasie is onderhewig aan keuring.
WF 2015: Die geheim
2015-05-19 DRIE … My kaakspiere trek styf. TWEE … Adrenalien pomp deur my are. EEN … Totsiens, moeder aarde. Die swaartekrag trek die vel byna van my skedel af. Alles verloop glad. Of so glad as wat ’n vuurpyllansering kan verloop. Ek sien hoe die aarde onder my al hoe kleiner begin word. Ons was op […]WF 2015: Die einde is ’n nuwe begin
2015-05-19In die begin is dit ’n raaiskoot in die donker gedoop, later bekend as wetenskaplike voorspellings, nou ons realiteit.
WF 2015: Die boodskap
2015-05-19’n Vuil sandwind spoel oor my sifgewaaide siel. ’n Sandbesmeerde traan oor my wang. Het ek maar net geglo ...
WF 2015: Onverwagte gaste
2015-05-19’n Skerp lig in Jake se kamer van die een of ander voertuig, ’n snaakse geluid van ’n enjin wat afskakel, maak Jake wakker. Jake staan vinnig op en buk-buk, loer-loer tot by sy venster.
WF 2015: Wie is ek?
2015-05-19Sy navorsing was uiteindelik op ’n einde – die eindproduk ’n suiwer wetenskaplike waagstuk. Sy nanobotte was perfek.
WF 2015: ’n Nuwe begin
2015-05-19“Ek hoop jy is gereed vir wat kom, Jes!” roep Isak uit die kombuis. “Pa het lank gewag vir ’n dag soos hierdie.
WF 2015: Vrede en vreugde, net in Vanrhynsdorp!
2015-05-19Lede van die Grootraad, wat op die planeet Mars ’n bestaan maak, besluit met ’n meesterplan om die oorlewingsmoontlikhede op ander planete te toets.
WF 2015: Sweef
2015-05-19Almal lewe hul eie lewe, maar jy word besit deur iemand met meer mag as jy. Jy het geen ouers, broers of susters nie. Al wat jy het, is die persoon langs jou en die bleek uniform wat jy gedwing word om te dra.
WF 2015: Om die son te sien
2015-05-19Ek is Arethusa, vyftien jaar oud. Ek het lang, donkerbruin hare en doodgewone bruin oë. Daar is niks besonders aan my nie.
WF 2015: Hoe die wêreld selfmoord gepleeg het
2015-05-19My naam is Damian Adams die Vierde. In die besigheidswêreld staan ek bekend as die leeu. Ironies genoeg was my eerste dag as nuwe eienaar en hoof uitvoerende beampte van Mas Records, om dit sagkens te stel, ’n riller.
WF 2015: Die oorlog teen tyd
2015-05-18Die meeste mense het altyd vir my gesê dat om ’n nuwe wêreld in te tree, moet jy vergeet van jou ou een. Maar hoe kan dit wees as my wêreld gevorm is deur my toekoms?
WF 2015: Ek is verlief op ’n alien
2015-05-18Die skoolklok lui en almal hardloop bo-oor mekaar soos wat ons by die huis wil uitkom, want dit is uiteindelik vakansie. Na ’n kwartaal van byna net eksamen skryf kan ek bietjie ontspan voor my groot matriekjaar na die Desembervakansie.
WF 2015: Lewe op Mars
2015-05-18In die jaar 2024 het die tyd aangebreek vir die volgende reusesprong vir die mensdom, Mars toe. Dit was toe die lewe op Mars begin het. In die jaar 3024 vier ons die duisendste herdenking van die stigting van lewe op Mars.
WF 2015: Die organiese waterstofbinding van orgaandiefstal
2015-05-18Hy staan voor die klas. Hy is lank en lenig met ’n bos grasserige grys hare. Sy oë diep gate waaruit net haat kan vloei. Hy het dun lippe met ’n lang, vlymskerp neus wat jou siel kan deurboor.
WF 2015: Verplaas na 2050
2015-05-18“Die toespraak wat dr Zebenhout oor die ontwerp van ’n tegnologiebestuurde wêreld gegee het, was baie interessant. Hoe koel sal dit wees om in so ’n wêreld te bly?”
WF 2015: Fotosintese
2015-05-18Hy was daar toe die wêreld verander het. Hy het die tekens raakgesien lank voordat hulle daarop kon reageer. Hy het geweet dat hulle te laat begin bekommer het oor die probleem en dat hulle keuse die toekoms drasties sou verander.
WF 2015: Die diere is terug
2015-05-13Elke dag wonder ’n mens hoekom daar regtig diere op aarde is. Is hulle hier omdat ons hulle moet liefhê of is hulle hier om ons dop te hou en lewenswyse te leer ken en dalk ons swak punte te sien?
WF 2015: Biomeganiese organe het nou genoeg gehad
2015-05-13My arm begin onwillekeurig rondswaai. Dit het ’n lewe van sy eie. Die arm wikkel homself los en begin stadig oor die vloer kruip, weg van my af. Ek kyk in verbasing na hoe my arm skuif-skuif om die hoek verdwyn. Die snaaksste is dat ek geen pyn ervaar het nie. Dit het amper kielierig gevoel.
WF 2015: Atlantis
2015-05-13"Jammer Oom, ek hoop Oom gee nie om dat ek vra nie, maar wat het met Oom se linkerhand gebeur?"
WF 2015: Slim vang sy baas
2015-05-13Satire word gewoonlik as ʼn gedig of ander kunsvorm beskryf waar met dinge in die samelewing gehekel word. Dit kan parodie, ironie, sarkasme en karikatuur inspan. Dit handel gewoonlik oor politici, kunstenaars, die media, waardes en selfs ons president, mnr Zuma.