Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Call for Submissions: Reconsidering literatures, directions in South African Literary Studies | Oproep om bydraes: letterkundes heroorweeg, rigtings in die Suid-Afrikaanse literatuurstudie
2020-12-22Contributions can be in English or Afrikaans. Abstracts of around 300 words should be submitted by 1 March 2021. | Bydraes kan in Afrikaans of Engels wees. Opsommings van ongeveer 300 woorde moet voorgelê word teen 1 Maart 2021.
Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)
2020-12-11"Frankl se voorstel dat ons moet aanvaar dat ons nie die sin van die lewe op menslike en rasionele wyses kan verstaan nie, maar eerder ’n verantwoordelikheid moet opneem wat strek na iets buite onsself, word in die laaste tonele van Son of Saul voorgestel."
Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning
2020-12-11"Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie […] beleef word."
Die uitbeelding van koning Shaka (ca. 1781–1828) in die Suid-Afrikaanse literatuur
2020-12-07"In die literatuur word Shaka met onder andere Agamemnon, Attila, Julius Caesar, Tiberius, Beowulf, Napoleon en Hitler vergelyk. Opvallend genoeg is hierdie figure uit die Westerse tradisie en geskiedenis ’n poging om Shaka as enigmatiese figuur te probeer verstaan/verklaar en met ander bekende figure uit die verlede te vergelyk."
Musiek en dans as teks in drie romans van Karel Schoeman: Na die geliefde land, ’n Ander land en Verliesfontein
2020-12-04"Om Schoeman se romanoeuvre vanuit die oogpunt van musiek en dans te lees, dwing bewondering by die leser af. Die drie uittreksels wat uit verskillende musiek-dans-en-teks-invalshoeke bestudeer is, toon sy unieke vaardigheid."
Persbericht: Webinar van het Gents Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika
2020-12-04Dit webinar zal op woensdag 16 december plaatsvinden (13u Belgische tijd), met bijdragen door collega’s van de UGent en van partnerinstellingen uit Zuid-Afrika.
Onderwysstudente se motivering om Afrikaans as tweedetaal in ’n minderheidskonteks te leer: ’n gevallestudie
2020-12-03"Opsommend kan daar gesê word dat die meeste deelnemers se houding teenoor Afrikaans positief is en dat hulle Afrikaans sien as ’n taal wat hulle in staat sal stel om met baie mense te kan kommunikeer, hulle in hul onderwysloopbaan sal help en vir hulle van waarde sal wees buite die klaskamer, veral as hulle buite KZN gaan werk."
Wiskundeverrykingsartikel: afstandsberekening en die sterre
2020-12-03In hierdie artikel skryf Pieta van Deventer oor wiskundige beginsels wat toegepas word op die afstandsberekening tussen sterre, oor die Doppler-effek in die liggolwe van 'n ster, die rooiligverskuiwing in die spektrum van ’n ster en die standaardfakkels en veranderlike sterre.
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers
2020-12-02"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer
2020-12-02"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent
2020-12-02"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."
Onderwysers se sagte vaardighede: ’n transendentale fenomenologiese ondersoek
2020-12-02"Onderwysers werk hard om hul vak te ken, relevante lesse voor te berei en die lesse met selfvertroue aan te bied. Sonder sagte vaardighede is hierdie werk egter nie so lonend as wat dit sou kon wees indien hulle ook bevoegdheid in sagte vaardighede sou hê nie."
Wiskunde, graad 6, November: gratis vraestel en memorandum
2020-11-30Is jy in graad 6 en skryf jy hierdie week nog wiskunde-eksamen? Hier’s hulp vir jou! LitNet bied gratis hulp; kom laai ’n vraestel en memorandum hier af.
Eskatologie en vita Christiana – ’n Bybels-spirituele lesing van Lukas 21:20–24
2020-11-30"Krisistye bring altyd herevaluering en herskikking van prioriteite. Lukas 21:24 interpreteer die katastrofe van 70 n.C. as die einde van ’n era, van die besondere posisie van Israel. Maar dis ook die begin van ’n nuwe era: die tyd van die nasies."
Wiskunde, graad 7, November: gratis vraestel en memorandum
2020-11-30Is jy in graad 7 en skryf jy hierdie week nog wiskunde-eksamen? Slaag jou jaar met vlieënde vaandels! LitNet bied gratis hulp; kom laai ’n vraestel en memorandum hier af.
Wiskunde, graad 6-toets: inhoud en kapasiteit
2020-11-27Het jou inhoud nog genoeg kapasiteit vir die res van die jaar? As jy in graad 6 is en hierdie sin nie volkome verstaan het nie, oefen jou kennis met hierdie toets. Die toets en memo is gratis beskikbaar om af te laai.
Wiskunde met LitNet, graad 9: om algebraïese breuke te vereenvoudig
2020-11-26Lee-Ann West is tot die redding! As jy in graad nege is en jy verstaan nog nie hoe om algebraïese breuke te vereenvouding nie, moet jy nou alles los en kom kyk.
Geografie, graad 7, vierde kwartaal: vraestel en memo
2020-11-26Was dit die aardebewing wat nou die aand die grond onder jou voete laat skuif het? Of was dit jy wat gebewe het dat die grond so skud omdat jou Geografie-eksamen nog voorlê? Moenie langer bevrees wees nie. Oefen jou werk met LitNet se gratis vraestel en memo.
Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie
2020-11-26"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."
Persvrystelling: Maroela-studiefonds vir joernalistiek pas bekend gestel
2020-11-25"In ʼn tyd van vreemde uitdagings wat 20 of selfs 10 jaar terug ongekend en ondenkbaar was, soos fopnuus, sosiale media en wêreldwye pandemies, is die rol van die media onontbeerlik vir ʼn deursigtige samelewing wat die staat en die publiek aanspreeklik en verantwoordbaar hou. Dis noodsaaklik dat joernaliste gehalte opleiding ontvang om hierdie rol in die samelewing te vervul."
