Wiskunde, graad 1: vraestel en memo

  • 11

Prent: Pixabay.com

Is jou kind vanjaar in graad een en wil jy graag sekermaak sy het haar wiskunde vir die eerste kwartaal onder die knie? Saam met LitNet is wiskunde kinderspeletjies en soveel pret soos die bou van ’n sandkasteel. Laai ’n gratis oefenvraestel en memorandum hieronder af.

Klik op die skakel om die vraestel in PDF-formaat oop te maak.

Klik op die skakel om die memorandum in PDF-formaat oop te maak.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet-blokraai: Probleemoplossing in Wiskunde-onderrig

LitNet-blokraai: Droomdelwers deur Esta Steyn

Graad 4-wiskundevraestelle: kwartaal 1

  • 11

Kommentaar

  • Amanda Snyman

    Baie dankie vir die hulp. Dit help om te sien of jy op die regte pad is met die kinders.

  • Goeiedag, ek vind hierdie inligting geweldig goed, en waardeer dit.
    Ek sou net graag Graad 1 se tweede en derde kwartaalvraestelle ook wou sien.
    Mooi dag!

    • Dankie vir jou navraag! Hier is die indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle by. Ons sal kyk wat ons aan vraestelle vir hierdie stadiums wat jy versoek, kan doen. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Anne Stuurman

    Ek's 'n nuwe Graad 1-juffrou en dis nogal 'n bietjie van 'n uitdaging. Ek sukkel nog om my voete te vind. Die dinge waarmee ek sukkel is wat om in die leerders se skryfboek as werk vir hulle te gee per week. Sal u hiermee kan help? Ek het alle tips en leermateriaal nodig wat ek kan kry. Dit wat ek het is maar baie beperk.

    • Goeiedag, dankie vir jou navraag! Op LitNet bied ons vraestelle vir veral leerders vanaf graad 4 af, en hier is 'n indeks van al die vraestelle op een plek: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied, so blaai gerus daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Ek dink in jou geval kan dit help om na die vraestelle te kyk om jou 'n idee te gee van wat in latere grade van jou jong leerders verwag sal word. Jy is nou besig om belangrike boustene en 'n fondament vir hulle te help lê. Betreffende ander hulpmiddels vir onderwysers: hier is ook algemene inhoud wat oor skole handel beskikbaar - https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/. Blaai hierdeur vir belangrike wenke deur mense soos Johan Anker, in artikels wat oor die belang van lees handel. Dis nog 'n baie belangrike komponent waarop 'n graad 1-juffrou haar kan toespits: om die kinders te leer lees, en 'n liefde vir boeke te kweek. Kyk na die wenke vir onderwysers en blaai om deur ondertoe te rol en om te blaai as jy by die einde van die bladsy kom. Dit mag dalk lyk of baie van die inhoud op hoër grade toegespits is, maar beskou dit as iets wat jy in gedagte kan hou van waarheen jou leerders op pad is. Hoop dit help. Sterkte vir die jaar! Die LitNet-redaksie nooi ook ander onderwysers uit om deel te neem aan die gesprek en wenke te deel, as hulle wil. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

    • Hallo! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat gratis oefenvraestelle met hul meegaande memo's op LitNet gepubliseer. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles bereik kan word: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die indeks se vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Hierdie indeks word gereeld bygewerk en daar verskyn ook voortdurend nuwe vraestelle op LitNet. Blaai deur die lys van vraestelle om te sien wat geplaas is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis as PDF's af te laai. Gebruik dit gerus vir voorbereiding. Voorspoed met die eksamen! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top