LitNet-blokraai: Probleemoplossing in Wiskunde-onderrig

  • 2

Skoolwiskunde word vanaf die begin van hulle skoolonderrig deur baie leerders beskou as  ’n moeilike en vervelige vak. Dit is ook geen verrassing nie dat baie leerders min motivering het om wiskunde te neem. ’n Moontlike rede hiervoor is dat die huidige skoolwiskunde leerders nie intellektueel of sosiaal uitdaag nie, maar eerder gekenmerk word deur die leer van definisies en inoefenprosedures, met ander woorde aktiwiteite wat lei tot intellektuele verveling. Daarom is dit belangrik dat die onderwyser ’n leeromgewing skep wat die leerders volgens hulle vermoëns ondersteun en aanmoedig. Lees meer hier. Dié artikel hou ook leidrade in wat die invul van die blokraai sal vergemaklik.

Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top