Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
“We are not just stats and facts!” Tienerdogters se stemme tydens die grendelstaat
2020-09-23"Dit is te wagte dat COVID-19 self een van die tienerdogters se vrese sal wees, veral vanweë die pandemiese aard daarvan. Trouens, die virus is, saam met skoolverwante vrese, deelnemers aan die empiriese navorsing se grootste vrees."
MA in Kreatiewe Skryfkuns: Universiteit van die Vrystaat, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans
2020-09-23Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith. Hier is nog inligting.
Praktiese wenke om lees te bevorder
2020-09-22In hierdie video, wat gemaak is om geletterdheid te bevorder tydens die Covid-krisis, gee Fanie Viljoen praktiese wenke om lees te bevorder. Dit is tegnieke wat hy toepas wanneer hy skole besoek.
ALV-kongres 18–20 Januarie 2021: Laaste oproep om referate
2020-09-21Referaatvoorstelle word ingewag vir die ALV-kongres wat in Januarie 2021 in Port Elizabeth plaasvind. Voorstelle kan tot 31 Oktober 2020 gestuur word.
Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam
2020-09-21Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.
’n Verkenning van relasionele outonomie aan die hand van die outobiografiese poësie van Afrikaanse vrouedigters
2020-09-17"Om nuwe paradigmas van outonomie wat vroulike protagoniste insluit te illustreer, is die teoretiese bespreking in hierdie artikel toegelig deur outobiografiese voorbeeldgedigte uit die oeuvres van vier vrouedigters, naamlik Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Antjie Krog en Ronelda S. Kamfer."
Graad 11 Huistaal: Taal- en leesoefening en memo met Best Books
2020-09-17Hier is ’n handige taal- en leesoefening en memo vir graad 11 Afrikaans Huistaal-leerders uit Best Books en Anita Voges se Eksamenhulp-boek.
Wiskunde met LitNet: Parallelogramme vir graad 10 (Deel 2)
2020-09-16In hierdie video brei Lee-Ann West verder uit op die eienskappe van die parallellogram.
Die regte boek kan ’n leerder se lewe red
2020-09-16Christien Neser beweer daar is kinders in die klas wat elke dag met omstrede kwessies worstel en dat die regte boek letterlik ’n kind met selfdoodgedagtes se lewe kan red as sy/hy besef dat ander ook al oor sodanige kwessies gewonder het.
Wiskunde met LitNet: Parallellogramme vir graad 10 (Deel 1)
2020-09-15In hierdie video verduidelik Lee-Ann West die eienskappe van die parallellogram vir graad 10-leerders.
Persvrystelling: Voorgeskrewe boeke moet ’n beter weerspieëling van leerders in die klaskamer wees
2020-09-14Onderwysers! Verdien SASE-punte deur in te skakel op hierdie webinaar. Baie leerders voel voorgeskrewe boeke moet ’n beter weerspieëling van hulself in die klaskamer wees. Kom luister na raad wat die kundiges bied.
Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario?
2020-09-14"Selfs met leierskap wat hervormingsgesind is, is die kragte te groot en omvangryk om te stabiliseer. Die stelsel is so sensitief gebalanseer dat selfs kleiner kragte of snellers die groter orde fundamenteel kan verander en binne die verband van chaotiese stelsels ’n bykans 'skoenlapper-effek' kan veroorsaak."
Press release: Cradock video series promotes resilience in tough times
2020-09-11As a valuable aid for teachers struggling to keep their students engaged throughout the hardships of COVID-19, filming is underway in Cradock for a 12-part video series promoting creativity, critical thinking and communication in virtual classrooms across South Africa.
Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse: praktiese wenke
2020-09-10Yolandi Roux, die onderhoof van ’n remediërende skool, deel praktiese wenke om die gebruik van tegnologie in die klaskamer toe te lig. Haar wenke kan deur enige persoon in enige skool gebruik word.
Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"
2020-09-09"Tussen 'siel', 'onsterflikheid', 'ewigheid' en 'onverganklikheid' is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het …"
Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou
2020-09-09"Die versuim van plaaslike owerhede om amptenare en politici verantwoordbaar te hou, het tot gevolg dat munisipaliteite nie hul grondwetlike doelwitte bereik nie, wat ’n negatiewe uitwerking op die lewenskwaliteit van gemeenskappe het."
Graad 12 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-09-08Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 12 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Aletha de Klerk se Eksamenhulp-boek.
Persvrystelling: Webinare vir die klaskamer
2020-09-04Onnies, hier is ’n manier om akkreditasiepunte te verdien. Verskeie instellings werk saam om webinare aan onderwysers, ouers en leerders te bring.
’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem
2020-09-03"Die interessantste ontdekking in hierdie ondersoek is dat skrywers nie alleen voortleef deur hul werke nie, en ook nie net deur skole wat na hulle vernoem is of standbeelde wat ter nagedagtenis aan hulle opgerig is nie, maar ook op verrassende wyses: ’n geocaching-bestemming, ’n hottentotsgot, ’n hond, ’n staproete, ’n posseël, ’n kennisgewing by ’n winkel, en so meer."
Die konteks van die ontstaan en opvoedkundige rol van Caravaggio se Die onthoofding van Sint Johannes die Doper in die 17de eeu
2020-09-03"Die Ridders se Oratorium of klaskamer het gedien om nuwelinge op te lei in die aard, geestelike omgewing en omstandighede van ’n wrede, bloeddorstige dood. Die twee skilderye weerspieël die wrede, bloeddorstige realiteite van ’n geveg met die Turke."
