Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Vergestaltings van trauma in Suspiria (2018) deur Luca Guadagnino
2020-08-28"Suspiria is in die eerste instansie die verhaal van ’n vrou se wording, naamlik dié van Susie Bannion se ontwikkeling van betreklik naïewe meisie tot Moeder Suspiriorum, ’n vrou wat selfs die beliggaming van die dood kan oproep om haar wil uit te voer. Só gesien is die ontvouing van haar narratief die verhaal van ’n vrouekarakter se bemagtiging, ten spyte van enige historiese en ander kontekstuele beperkinge wat haar sou kon kniehalter."
Graad 6: Wiskunde – aftrekking met heelgetalle
2020-08-27Is jy in graad 6? Wil jy oefen om heelgetalle af te trek? Hier is gratis hulp!
Graad 11 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-08-27Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 11 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Marelize Swanepoel se Eksamenhulp-boek.
Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal
2020-08-26"Die groter erkenning van dialekte sal natuurlik afhang van die mate waartoe dialeksprekers eienaarskap sal neem van hul dialekte en hul dialekte begin opeis as funksionele kodes en sodoende begin wegdoen met die selfstigmatisering van dialekte as ontoereikende en minderwaardige taalkodes."
Vergestaltings van trauma in Suspiria (1977) deur Dario Argento
2020-08-26"Beide die resepsie van die film deur die regisseur se aanhangers en akademiese publikasies oor Suspiria het geruime tyd reeds lank kanonieke status binne die grufilmtradisie aan die film verleen, en daarom is die vrystelling van Guadagnino se weergawe met groot belangstelling afgewag."
Transendentale getalle, Euler-Mascheroni en gammas
2020-08-24Lees Pieta van Deventer se bespreking van transendentale getalle, Euler-Mascheroni en gammas hier.
Wiskunde met LitNet-video: Bewerkings met desimale breuke vir graad sewe
2020-08-20In hierdie video maak Lee-Ann West graad sewe-leerders touwys met bewerkings van desimale breuke. Niemand hoef in hierdie inperkingstyd agter te bly nie! Laat Lee-Ann jou wys hoe om somme te doen.
Persvrystelling: Lesing – Die Lintonpaneel
2020-08-20Die SA Akademie nooi u hartlik uit na die eerste lesing van reeks 2 van Alex Duffey se lesingreekse wat virtueel op Dinsdag 25 Augustus 2020 stiptelik om 18:00 gebeeldsend word.
Die ontleding van sosiogramme om die impak van koöperatiewe basisgroepe op positiewe interafhanklikheid in klasverband te ondersoek
2020-08-20"Die COVID-19-pandemie, wat sedert Maart 2020 veroorsaak het dat kontakonderwys wêreldwyd na aanlyn onderwys moes oorskakel, plaas die fokus op die doeltreffendheid waarop leer en koöperatiewe leer in aanlyn omgewings gefasiliteer en geëvalueer word."
Graad 10 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-08-20Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 10 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Marelize Swanepoel se Eksamenhulp-boek.
BEd Grondslagfase-afstandsleerstudente se ervaring van administratiewe ondersteuning aan die Noordwes-Universiteit
2020-08-19"Die NWU ondersteun afstandsleerstudente met die suksesvolle voltooiing van afstandsleerstudie en beskou administratiewe ondersteuning as ’n prioriteit, aangesien afstandsleerstudente oor die algemeen vele uitdagings ervaar."
Graad 8: Wiskunde – voorbereiding vir September-eksamen
2020-08-14Is jy in graad 8? Wil jy wiskunde voorberei vir die September-eksamen? Laai ’n gratis vraestel en memorandum wat deur Lee-Ann West vir LitNet opgestel is, hier af.
Graad 9 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-08-12Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 9 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp-boek.
Vonnisbespreking: Quo vadis ondernemingredding?
2020-08-12"South African Airways (AH) word teen die agtergrond van tersaaklike beginsels van die insolvensie- en ondernemingreddingsreg bespreek soos dit tans in die Suid-Afrikaanse reg toepassing vind."
Vonnisbespreking: Grondwetlike skadevergoeding as "nominale" en "verswaarde" skadevergoeding in dringende aansoeke
2020-08-12"Op ’n dag het die Johannesburgse Metropolisie by die middelmannetjie opgedaag, die besittings van die hawelose mense op ’n trok gelaai en toe verdwyn."
Monty Hall en intuïsie
2020-08-07Wiskundeverryking: Lees Pieta van Deventer se bespreking van die Monty Hall-probleem en intuïsie.
Vroulike karaktersubjektiwiteit: die strategiese gebruik van nomadiese skryf deur Eleanor Baker
2020-08-06"Die onderliggende hipotese is dat Baker hardnekkig haar eie weg ingeslaan en bly skryf het oor vroue se strewe na ’n ander identiteit as dié van die onderdanige vrou, en die gestereotipeerde voorstelling daarvan."
SA Akademiepryse 2021: nominasies ingewag
2020-08-04Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vestig graag u aandag op die Akademiepryse wat in 2021 vir toekenning oorweeg word. Volledig gemotiveerde voorstelle vir enigeen van hierdie pryse word ingewag. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2021.
Graad 8 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books
2020-08-04Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 8 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp-boek.
Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale
2020-07-31"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."
