Blommemeisiekind

  • 10

Foto: Pixabay

Terry Terblanche Botha is sestien jaar oud en in graad tien. Hy het ’n gedig vir LitNet se Kuberklas Kreatief, die ruimte waar skoolkinders se skryfwerk gepubliseer word, geskryf.

Ons baljaar tussen die daisies
Pluk die blare van ‘n roos
Jou glimlag, pragtig
Jou oë, so ryp soos ‘n appelkoos
En ek luister aandagtig
Na hoe jy met die blomme praat.

Ek kry hoendervleis vir hoe jy lag as die wind terugantwoord
Jy wys my nuwe paaie en strooi saad op die berge.
My blondekop blommemeisie, blommekind
Is dit hier waar ek jou hart sal vind?
Tussendeur die rooi, geel en pers
Skryf ek vir jou ‘n vers.

Beeldskone blondekop blommemeisie, blommekind 
Nooit geanker, waai saam die wind.
Jy versamel die tuin se blomme
En koester dit in ‘n boek, blommemeisie, blommekind
Is dit hier waar ek jou hart moet soek?

My liefdevolle, beeldskone blondekop blommemeisie ...
So tussendeur die daisies en die wind
Doop ek jou: my Blommemeisiekind.               

  • 10

Kommentaar

  • Wow Terry, ek sien voor my geestesoog ’n pragveld van daisies. Dis ’n lekkerlees gedig. Well done.

  • Lulu Terblanche

    Sjoe, Terry, dis so pragtig geskryf, voel sommer self lus om deur die blomme te stap. Sal altyd aan jou dink as ek in die veld blomme gaan pluk.

  • Hi daar! Ons by Liefde Wen wil graag jou gedig gebruik vir een van ons sosiale media posts. Laat weet gerus of ons mag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top