Raad gevra: keuse van ’n voorgeskrewe boek vir graad 9?

  • 24

Foto van skaatsplanke: Pexels.com

Goeienaand

Ek het hulp nodig met die keuse van ’n voorgeskrewe boek.

Kan u asseblief ’n paar  voorstelle van jeugromans gee wat geskik sal wees vir Afrikaans Huistaal graad 9? Veral geskik vir seuns.

By voorbaat dank, Louise Horn

  • Lesers word hartlik uitgenooi om kommentaar onderaan die artikel te lewer met voorstelle. Groete, die LitNet-redaksie

 

  • 24

Kommentaar

  • Beste Louise

    Ek sal graag die volgende romans aanbeveel:

    1. Absoluut Einstein - Christien Neser (NB het 'n gratis onderwysershandleiding
    beskikbaar wat afgelaai kan word.)

    2. Afkop – Fanie Viljoen (Lapa)

    3. Chuck Norris kan deel deur nul – Annelie Ferreira (Tafelberg)

    4. Elton die verskriklike April verloor dit – Carin Krahtz (Tafelberg)

    5. Virus – Jaco Jacobs (Lapa)

    6. Die Pro – Leon de Villiers (Tafelberg)

    7. Die lewe volgens Wim Vermaak – William Oosthuizen (Human & Rousseau)

    8. Moord per suurlemoen – Jelleke Wierenga (Tafelberg)

    Laasgenoemde romans is geskik vir Afrikaans Huistaal (graad 9) en ek glo seuns sal by die temas en karakters aanklank vind.

    Groete
    Dewald

  • Avatar
    helize van vuuren

    Jan Rabie - Die seeboek van die sonderkossers [1975]

    'n Onvergeetlike boek, deur 'n meesterverteller - boonop 'n avontuurverhaal met pragtige illustrasies deur die skrywer se skildervrou, Marjorie Wallace.

  • Louise, loer gerus na die Die lewe volgens Wim Vermaak deur William Oosthuisen. Daar is 'n onderhoud met hom op LitNet. Kontak Henk Viljoen gerus by NB-Uitgewers vir nog wenke. Die leesgids is ook binnekort beskikbaar.

  • Avatar
    Azelia Morkel

    Die DJ deur Simon Bruinders (Naledi) is 'n uitstekende keuse. Hy is 'n briljante skrywer en hierdie is 'n boek waarby beide landelike en stedelike kinders kan aanklank vind.

  • Avatar
    Morne Pietersen

    Ek wil graag "Die DJ" geskryf deur Simon Bruinders geskryf, en uitgegee deur Naledi voorstel. Die Jeugroman spreek die tipiese emosionele en sosiale probleme aan waarmee baie jongmense in hierdie ouderdomsgroep te kampe het. Uitdagings soos selfbeeld, tekort aan ouerleiding, maatsgroepdruk, dwelms en tienerverhoudings word met 'n gemaklike storie lyn beskryf. Ons gemeenskapsradiostasie het met die toestemming van die uitgewer dit vir ons luisteraars voorgelees, en het baie goeie terugvoer ontvang.

  • Avatar
    DAVENE DAWIDS - Student

    Ek beveel graag DIE DJ van Simon Bruinders aan. Die boek word uitgegee deur Naledi. Daardie boek wat my lewe verander het. Ek is 'n weeskind wat op kollege geswoeg het om met geen hulp 'n kwalifikasie te bekom. Net toe ek wou opgee, lees ek DIE DJ - 'n boek van val en opstaan deur 'n jong kind. En iemand verskyn op sy horison en help hom verder. Dis 'n boek wat geplaas is in die werklikheid van verstedeliking en wat dit vir 'n tiener beteken het. Veral as daardie verstedeliking 'n jong seun neem "uit Zoar se landelike omgewing na die groot stad onder Tafelberg, met die pragtige see, mooi meisies en Tik - die vernietigende dwelm" soos die Skrywer in die boek dit neerpen.
    Hierdie is 'n boek wat et soveel realiteit, patos en deernis geskryf is, met lesse oor boelies asook geweld van seuns teenoor dogters. Maar dis 'n boek van Hoop en Drome - wat wel waar word. En dis 'n boek vir elke tiener!

  • Avatar
    Chezlyn Botha

    My aanbeveling: DIE DJ. (Deejay) Jeugroman van Simon Bruinders - uitgegee deur Naledi.
    Vir 'n outjie wat self op die Kaapse vlakte grootgeword het, was hierdie boek nie vreemd nie. Daai was o's lewe in Mitchells Plain. Dis 'n boek van liefde, close family relationships en samstaan. 'n Lieflike boek van 'n jongman wat uit sy circumstances wil uitstyg en iets met sy lewe maak, en dit regkry. 'n Storie van versoekings en nice times en reality! Die is die boek vir die jongmense vir vandag.

  • Avatar
    Azelia Morkel

    Ek moet net byvoeg "Die DJ" was die eerste boek wat op Eden FM - die grootste gemeenskapsradio-stasie in die Wes-Kaap, voorgelees is Oktober velede jaar. Die reaksie van die gehoor - oud en jonk - was oorweldigend positief.

  • Avatar
    Diana Vermeulen

    Jan Vermeulen se Oopmond.
    Bizarrofiksie vir die jeug. Heeltemal iets anders. LAPA jeugromanwenner - 2017.

  • Avatar
    Diana Vermeulen

    Asem deur Jan Vermeulen.
    Reeds voorgeskryf by IEB skole.
    Daar is reeds ’n skooluitgawe en audioboek deur Armand Aucamp.
    LAPA gee ook ’n studiegids uit oor Asem.
    Wenner van LAPA jeugromankompetisie 2015.

  • Avatar
    Carmen Henecke

    Die DJ van Simon Bruinders, uitgewers Naledi. Ek sal hierdie boek aanbeveel. Leerders in die ouderdomsgroep kan hulself vereenselwig met die emosionele en sosiale probleme in ons gemeenskappe. 'n lieflike boek van 'n jong man wat bo sy omstandighede uitstyg.

  • My voorstelle as volg:
    Baster van Jan Vermeulen
    Amper Einstein en Absoluut Einstein van Christien Neser.
    Halley se komeet van Hannes Barnard - alhoewel dit 'n meer lywige boek as die ander is.
    Vlerke vir almal van Marion Erskine is belangrik omdat dit boelie aanspreek en is baie geskik vir graad 9. Hoerskool Menlopark gebruik hom vir graad 9
    Jy kan ook aansluit by ons Facebook groep "Let's read! Kom ons lees!" waar ons oor kinder- en tienerboeke gesels.

  • Avatar
    Philma Van Eeden

    Ek het ‘n mamma wat op soek is na Skreeu deur Jaco Jacobs se kortverhaal se opsommings, vrae en antwoorde vir my dogter asb. Die rede is dat sy disleksie is en ek moet haar help lees en leer ens.
    Baie dankie🙏🏻🙏🏻 As jy van iemand ken asb

  • Nie een van bogenoemde voorstelle is op die Wes-Kaap onderwysdepartement se lys van voorgeskrewe boeke vir graad 9 nie.

  • Goeiedag Lionel
    Skole wat die IEB se eksamen skryf, kies self hul voorgeskrewe tekste vir graad 8-11. Spesifieke tekste word slegs vir graad 12 voorgeskryf. Onderwysers het dus die keuse om tekste (romans, dramas en gedigte) volgens hul eie voorkeur voor te skryf. Ek neem dus aan die vraagsteller onderrig Afrikaans aan 'n onafhanklike skool.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top