Raad gevra: Hoe motiveer ek my kinders om te leer?

  • 6

Kan iemand help om my twee kinders te motiveer? My dogter (graad 10) wil net nie die nodigheid insien om te leer nie en so ook my seun (graad 9). Hulle het heelwat kursusse gedoen hoe om te leer, watter breinkant, hoe om te leer, ens. Maar donkie wil nie drink nie! Hulle het talent, maar gebruik dit nie en besef nie wat hierdie laaste jare beteken nie. 

Groete, Karen

  • 6

Kommentaar

  • Estelle Kruger

    Beste Karen
    Ek het baie deernis vir jou aangaande hierdie vraag - ek was self so 'n leerder en my kinders het dieselfde probleem gehad. Gelukkig het ons almal iewers in die lewe iets bereik. Sterkte!
    Dalk is hier vir jou (en vir my) iets in die volgende aanhaling:

    “If you want to build a ship, don’t drum up the men to gather wood, divide the work, and give orders. Instead, teach them to yearn for the vast and endless sea.”

    ― Antoine de Saint-Exupéry

  • Chris Erasmus

    He he he Karen ek lag my tanne af vir jou. Jy klink erg moedeloos. Jy gaan baie opinies kry. Ek is as kind min motiveer. Ek is oriënteer, een teen die oor en een teen die teer. Baie mense gaan met my verskil. Wat wil jou kinders doen? Watse verwagtings en aspirasies het hulle? Moenie jou verwagtings op hulle afdruk nie. Ek het seker makliker grootgeword. Al wat ek vir jou kan sê is, hou op aan hulle karring. Hulle sal op 'n stadium spoed optel. Skool het my erg verveel. Ek kon reeds in graad 4 lees, skryf en somme maak. Leer jou kinders om "street wise" wees. Kennis van verstand (common sense), mens leer die op die harde manier. Geniet die kinders, hulle word te gou groot en woerts uit die huis. Life is tough. You get born wet and cold and it gets worse. Ek kon 'n relaas lewer, maar wil jou nie verveel nie en wil ook nie pak kry by die lesers nie. 🙂

  • Die lat, Mevrou, die lat. Toe ek nog op skool was, het ek raas gekry vir alle toetse en eksamens onder 80%. Vir 60% was badkamer toe met die lat. Nodeloos om te sê, ek het altyd eerste in die klas gekom. 'n Nefie van my wat nege A's in matriek gekry het, het eenslag slae by sy ma gekry omdat hy 99% vir 'n geskiedenistoets gekry het, en nie 100% nie. Hy is vandag 'n beroemde chirurg.

  • Elmarie van Kampen

    Wat jy gaan doen aan hierdie saak, hang van baie dinge af, onder andere die roetine en dissipline in die huishouding, verhouding tussen ouers en kinders, ensovoorts. Hulle is reeds te groot om veel hieraan te verander.
    Dalk moet jy maar, soos Chris Erasmus hierbo sê, bietjie laaglê. Wanneer oorsaak en gevolg inskop ten opsigte van ongedane tuiswerk, lae punte vir toetse, ensovoorts,behoort jy hul aandag te kry. Dan kan jy jou aanvoorwerk voortsit en hopelik beter samewerking verkry van hulle kant af.

  • Hans Richardt

    Ek het raad, maar sal vuiltaal beskuldig word.
    Ek dink dat hoe meer ouers karring, hoe groter verset. Maak dit duidelik dat as hul 18 jaar oud word, hul moet toesien vir hul eie versorging. "Tough love" werk, gatlek werk nie.

  • Hans, niemand steur hom meer aan vuiltaal nie. WTF is nou al in die Engelse woordeboek as woord opgeneem.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top