Geografie, graad 7, vierde kwartaal: vraestel en memo

Jacques Horne Notas, toetse en vraestelle 2020-11-26

Was dit die aardebewing wat nou die aand die grond onder jou voete laat skuif het? Of was dit jy wat gebewe het dat die grond so skud omdat  jou Geografie-eksamen nog voorlê? Moenie langer bevrees wees nie. Oefen jou werk met LitNet se gratis vraestel en memo.

Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie

Melt Myburgh, Corné van der Vyver Skole 2020-11-26

"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."

Persvrystelling: Maroela-studiefonds vir joernalistiek pas bekend gestel

LitNet Akademies en skole 2020-11-25

"In ʼn tyd van vreemde uitdagings wat 20 of selfs 10 jaar terug ongekend en ondenkbaar was, soos fopnuus, sosiale media en wêreldwye pandemies, is die rol van die media onontbeerlik vir ʼn deursigtige samelewing wat die staat en die publiek aanspreeklik en verantwoordbaar hou. Dis noodsaaklik dat joernaliste gehalte opleiding ontvang om hierdie rol in die samelewing te vervul."

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

Andreas Velthuizen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-11-23

"Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie."

Chrusostomos se verstaan en evaluasie van beroepe en vaardighede

Hennie Stander LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-23

"Wanneer ’n mens al Chrusostomos se uitsprake noukeurig bestudeer, kom jy agter die rede vir sy oortuiging dat ’n gelowige altyd sy bronne met ander moet deel, is dat ons en al ons bronne aan God behoort en dat ons almal medediensknegte van mekaar is ..."

Reaksie op Michael le Cordeur se mening oor Kaaps in die Afrikaans-kurrikulum

Hennie van Coller, Jaap Steyn Akademies en skole 2020-11-20

"Sluit Kaaps die moderne Engelse woorde in wat altans in Standaardafrikaans nie erken word nie? Vir baie gebruikers van laasgenoemde vorm van Afrikaans is dié groot hoeveelheid Engels in Kaaps ’n belangrike struikelblok in die aanvaarding daarvan. Dit voel vir party van hulle of dit onbewus ’n polities korrekte kortpad na verengelsing is."

Graad 8, Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda

Eugene van der Westhuizen Notas, toetse en vraestelle 2020-11-19

Is jy graad 8 en dink jy nou al aan vakansie? Eers moet jy jou Afrikaans Huistaal op ’n prettige manier onder die knie kry. Laai LitNet se oefenvraestelle en memoranda gratis hier af.

Graad 6-wiskunde: persentasietoets

Wilhelm du Toit Notas, toetse en vraestelle 2020-11-19

"Ek en my maat deel ’n groot pizza van 12 gelyke dele. Ons eet ¹⁄3 van die helfte van die pizza en gee een stuk vir my boetie. Watter persentasie van die pizza is oor?" Leer om hierdie kopkrapper en ander vrae oor persentasies op te los deur die vraestel en memo gratis af te laai.

Geskiedenis, graad 7: vraestel en memo

Jacques Horne Notas, toetse en vraestelle 2020-11-18

Is jy in graad 7 en gee vanjaar se Geskiedenis jou slapelose nagte? Laat LitNet se gratis vraestelle jou help om jou werk onder die knie te kry. Laai 'n gratis vraestel en memo hier af.

Is die skrikbeeld van kernterreur geregverdig?

Eben Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-11-18

"Is die skrikbeeld van kernterreur en, bykomend, die uitbeelding van kernterreur as ’n eksistensiële krisis deur die media, politici en sommige kenners, geregverdig?"

Tuisonderwys is nie inperkingsonderrig nie: praktiese raad vir ouers

Yolanda du Toit Skole 2020-11-18

Vir baie ouers is hierdie jaar veral dalk ’n tameletjie – nie net het die koronavirus die (skool)lewe op sy kop kom keer nie, maar daar is ook groot onsekerheid en kommer oor wat die toekoms mag inhou. Daarom kon jou belangstelling in tuisskoling dalk geprikkel wees. Yolanda Wessels skryf oor die voor- en nadele van tuisskoolonderrig.

Tegnologie, graad 7: vraestel en memo vir die vierde kwartaal

Jacques Horne Notas, toetse en vraestelle 2020-11-18

Is jy graad 7 en moet jy blitsig Tegnologie vir die eksamen baasraak? Moenie dat hierdie jaar jou onderkry nie. LitNet se gratis vraestel en memo sal jou deur die grense van gravitasie laat breek. Laai dit nou af en wees voorbereid!

Public webinar: Gender and the slow violence of poverty

LitNet Akademies en skole 2020-11-17

You are invited to a public webinar on Wednesday 18 November 2020 at 12:00. 

Deelnemende besluitneming in die vestiging en bevordering van ’n volhoubare onderrig- en leerklimaat: die rol van die skoolbestuurspan in Suid-Afrikaanse laerskole

Marietha Terblanche, Jan Heystek LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-11-17

"Uit die data-ontleding blyk dat, alhoewel ontwikkeling op mikrovlak die potensiaal het tot groter doeltreffendheid in die uitbreiding van die skoolbestuurspan se besluitnemingsvermoë, die meeste uitdagings juis op mikrovlak beleef word. Die hoofrede vir die uitdaging is dat die onderwysers hulself nie beskikbaar stel vir ondersteuning op skoolvlak nie."

Om warrelwinde te maai: Asem as kernmetafoor in die ontwikkeling van ’n persoonlike simboliek in die oeuvre van Willem Boshoff

Josef van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2020-11-16

"Die begrippe wind en asem, soos die verskeidenheid ontledings in hierdie artikel wys, is onderliggend in Boshoff se ondersoeke in terme van die verhouding tussen woord en beeld, tussen die geskrewe woord teenoor die gesproke woord, tussen boeke en bome – temas wat in Boshoff se oeuvre heers."

Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners

Marlene Botes LitNet Akademies (Regte) 2020-11-09

"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."

Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie

Sandra Troskie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."

Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020-11-09

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die Prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.

Graad 6-wiskunde: Omtrek, oppervlakte en volume

Wilhelm du Toit Notas, toetse en vraestelle 2020-11-09

Is jy in graad 6 en moet jy nou haastig jou wiskunde voor die eksamen hersien? Laai ’n gratis oefenvraestel af om jou te help. Klik ook op die skakel na die memo om dit gratis in PDF-formaat af te laai.

In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2020-11-09

"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."

Top