Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor die rol van gevoelens in welstand op die ontstaan van religie
2020-11-09"Gegee die wordingsgeskiedenis van die mens was die evolusionêre verrekening van subjektiewe bewussyn dus dat gevoelens voortaan nie net meer deur die welstand van die inwendige omgewing ontlok word nie, maar nou ook deur die welstand van die gemoed, die innerlike omgewing van ons gevoelens."
Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag
2020-11-09Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die Prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.
Graad 6-wiskunde: Omtrek, oppervlakte en volume
2020-11-09Is jy in graad 6 en moet jy nou haastig jou wiskunde voor die eksamen hersien? Laai ’n gratis oefenvraestel af om jou te help. Klik ook op die skakel na die memo om dit gratis in PDF-formaat af te laai.
In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)
2020-11-09"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."
Die rol van vennootskappe in die versterking van storievertelling as ’n onderrigstrategie in ’n gemeenskap
2020-11-06"Daar is gevind dat storievertelling dien as ’n deelnemende strategie wat eienaarskap aanmoedig deur dialoog en produktiewe deelname onder die individue van ’n gemeenskap. Daarom kan storievertelling beskou word as ’n medium waardeur mense kennis in ’n sosiale konteks skep en onderhandel."
Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies: ’n gevallestudie
2020-11-05"Wanneer daar studente met gehoorverlies in ’n klas is, is duidelike spraak sowel as kontekstuele leidrade van uiterste belang vir verstandhouding onder die studente. Dit is veral belangrik indien die studente met gehoorverlies nie van ’n tolk gebruik maak nie en eerder spraaklees."
Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum
2020-11-04Gerhard van Huyssteen reageer op Michael le Cordeur: "Die punt in hierdie artikel is dus dat Le Cordeur se voorstel om Kaapse woorde te behou wat reeds in die AWS opgeneem is, dalk wel onder skoot kan kom. Dit sal gaaf wees as die sprekersgemeenskap hieroor eensgesindheid kon hê, want dan weet ’n mens om die pad vorentoe met of sonder hierdie woorde te loop."
’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019
2020-11-04"Die studie verskil van die meeste etiekstudies omdat dit nie ’n oomblik in tyd vasvang nie, maar longitudinaal die verandering in die houdings van bestuur vasvang oor ’n tydperk van 13 jaar. Dit is veral waardevol omdat dit ’n aanduiding gee of die besigheidsetiek-ingrepe wat deur die jare gemaak is, wel uiteindelik vrugte afwerp."
Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening
2020-11-02"Hoe word Kaaps of Kaapse Afrikaans gedefinieer?"
Graad 7 Afrikaans Huistaal: Vraestel 1, 2 en 3
2020-10-29Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums.
Ouers, loop die eksamenspook?
2020-10-28"Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op ons skoleportaal."
Modulêre wiskunde en musiek – Wat oorbly is dikwels al wat tel
2020-10-28"Ons stel in die besonder belang in hoe akkuraat klokke ingestem is, en die wyse waarop dit beoordeel word, hou verband met die afwykings/reswaardes itv frekwensie vanaf die bedoelde toonhoogte."
Die dominium of eiendomsreg van ’n bestorwe boedel op die oomblik van die erflater se dood
2020-10-28"Soos [...] aangedui, neem die eksekuteur wel die verpligtinge van die eienaar van die bestorwe boedel oor, maar verkry nie terselfdertyd die regte nie. Hy word dus nie eienaar nie terwyl, as die boedel as sodanig as eienaar beskou word, verkry die boedel as regsentiteit sui generis regte en verpligtinge, word universele opvolger en word in die uitvoering van die verpligtinge deur die eksekuteur verteenwoordig."
Wonings as multidimensionele bates: die rol van informele agterplaasverhuring vanuit ’n beplanningsperspektief
2020-10-27"Wat beplanning betref, is dit noodsaaklik dat die informele-agterplaasverhuring-sektor as ’n prioriteit beskou word in stadsbeplanningskemas, ruimtelike ontwikkelingsraamwerke en ander infrastruktuur-meesterplanne. So kan beperkende stelsels en regulasies, soos sonering, heroorweeg word om voorsiening te maak vir gemengde gebruike, tweede wooneenhede en hoër digthede."
Die dualistiese benadering tot arbeidsverhoudinge in die hedendaagse Suid-Afrika: ’n Sisteemteoretiese perspektief
2020-10-27"Politieke ideologiese verwysings na ’n arbeidsverhoudingebenadering in Suid-Afrika wat geassosieer word met staatskorporatisme, insluitend totale gelykheid en radikale verandering van privaat eienaarskap, is nie in die huidige sisteem haalbaar nie. Dit is deel van die normatiewe verwagtinge van groepe geassosieer met arbeidsbelange, eerder as beleidsrealiteite, veral in die privaat sektor."
Graad 11: Trigonometrietoets en –memo
2020-10-22Is jy in graad 11 en wil jou driehoeksmeting voor die einde van die jaar bemeester? LitNet bied gratis hulp! Laai ’n oefenvraestel en -memo hier af.
’n Ontleding van drie Suid-Afrikaanse uitgewerye (NB-Uitgewers, LAPA Uitgewers en Protea Boekhuis) se Instagram-plasings
2020-10-21"Daar is egter aangetoon dat die aantal hutsmerkers wat saam met ’n plasing gemaak word, geen aantoonbare rol speel in die getal gebruikersreaksies wat die plasing ontvang nie, en dat ’n hoë frekwensie van plasings ook nie noodwendig tot meer volgelinge of gebruikersreaksies lei nie."
’n Pastorale benadering van hoop en deernis: ’n Afrikaïese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie
2020-10-20"Die realiteit van COVID-19 en die impak daarvan herdefinieer ook die rol van die kerk as geloofsgemeenskap en soos reeds aangedui, daag dit die wyse uit waarop pastorale sorg gaan realiseer. In hierdie uitdagende tye is ubuntu van kardinale belang vir COVID-19-geaffekteerde familielede."
Graad 6: Wiskunde – deling van heelgetalle
2020-10-19"Daar is 5 appels in ’n mandjie. Deel dit met 5 kinders sodat 1 appel in die mandjie oorbly." Wilhelm du Toit help jou, as graad 6-leerder, om hierdie kopkrapper en ander deelsomme onder die knie te kry. Laai ’n vraestel en memo gratis hier af.
Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?
2020-10-19"Die Openbare Beskermer se verdoemende verslag, getiteld 'Derailed', gee te kenne dat die voormalige geskorste hoof van Prasa die semistaatsinstelling se koffers leeg gemelk het deur plesierritte op die Bloutrein te onderneem en twyfelagtige tenders ter waarde van miljarde rand goed gekeur het."
