
Daar is besluit om vanjaar se ALV-kongres aanlyn te hou weens die onsekerheid rondom Covid-19.
Referaatvoorstelle van ongeveer 300 woorde (met vermelding van die referaattitel, die naam en eposadres van die persoon wat die referaat sal aanbied asook die betrokke affiliasie) word ingewag tot 31 Julie 2021. Stuur die registrasievorm aan faizah.samaai@mandela.ac.za.
Klik hier om die registrasievorm af te laai.
Kongrestema: Affekte, emosies, begeertes en/in die Afrikaanse letterkunde
- Affekteorie (Masumi, Spinoza, Bergson, Deleuze en Guattari)
- Eve Sedgwick: tasbaarheid (“tactility”), tekstuur (teksstuur)
- Skande, skaamte, beskaam, vernedering
- Sintuiglike belewing (sien, hoor, proe, voel, ruik)
- Begeerte, behoefte, jouissance
- Performatiwiteit
- Dierlik, verdierliking
- Blik (“gaze” en “gayze”)
- Sensualiteit
- Optimisme, pessimisme
- Woede, geweld, mag
- Pyn, pyniging, pynlik
- Verlies, aflegging, losmaak
- Affekte en die posthumanisme

