Wat is (nie) ’n woordeboek (nie)? Die Woordelys van die Afrikaanse woordelys en spelreëls as gevallestudie

Herman L Beyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-24

"Aan die hand van die voorgestelde terme, waardeur die TLK uitgebou word, is bewys dat die Woordelys in die AWS as ’n woordeboek geld, ondanks hoe dit deur generasies Taalkommissielede beskou en bewerk is, of deur die gewone taalgebruiker benader word."

As ek tyd kon terugdraai

Wilhelm Stols Kuberklas Kreatief 2021-05-24

"Voorheen was alles blou 
nou sit ek vasgevang 
in Corona se tragiese 
klou!"

Hip-hop, onreg en agentskap: Isaac Mutant van Dookoom as Bolandse badman-figuur

Annie Klopper LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-21

"Terwyl hip-hop nie ’n kitsoplossing vir sosioëkonomiese en politieke ongelykheid en ander sosiale euwels is, was of ooit sal wees nie […], het die ontstaan daarvan in die 1970’s onder die swart Amerikaanse jeug ’n platform daargestel vir die artikulasie van identiteit en werklikhede in ’n omgewing wat andersins vir hulle ontegemoetkomend was [...]"

Die gebruik van totale kwaliteitsbestuur in die aanpassing van kwaliteit van aflewering: ’n gevallestudie in private hoër onderwys

Liana Venter, Nelda Mouton LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-05-18

"Interne kwaliteitsmaatreëls is van wesenlike belang vir private instellings wat sakegedrewe is en is dus afhanklik van studentegetalle om hul bedrywighede te befonds. Die institusionele aanbod moet dus die mededingende voordeel vir die HOI skep, en die implementering van TKB-beginsels is die sleutel in hierdie proses."

Die uitsluiting van middellike aanspreeklikheid van werkgewers in vrywaringsklousules

Karin Calitz LitNet Akademies (Regte) 2021-05-17

"In hierdie bydrae word aangevoer dat die gronde waarop howe in die verlede vrywaringsklousules wat middellike aanspreeklikheid uitsluit, gehandhaaf het, dikwels teen die openbare beleid is."

Wiskunde: graad 9, tweede kwartaal-vraestel en -memo

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-05-16

Is jy in graad 9 en wil jy hierdie kwartaal wiskunde baasraak? LitNet het gratis hulp. Klik op die skakels en laai ’n oefenvraestel en memo vir die tweede kwartaal af.

Van kleintyd tot nou

Terry Terblanche Botha Kuberklas Kreatief 2021-05-12

Terry Terblanche Botha is sestien jaar oud en deel hierdie gedig met LitNet se lesers.

Die teenwerking van leerderuitdagings in ’n plattelandse skool: aspirasionele kapitaal as navigasiemiddel

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-05-11

"Aspirasionele kapitaal stel leerders in staat om nie op teenswoordige hindernisse te fokus nie, maar te hoop vir en te droom oor ’n beter toekoms. Dit blyk dat nie-materiële hulpbronne, soos waardes, norme en ondersteuning, leerders se aspirasies kan help vorm."

Boekbekendstelling: Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole

LitNet Boeke en skrywers 2021-04-30

Die bekendstelling van Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johann Burger en Aslam Fataar vind op 4 Mei aanlyn plaas. Hier is verdere inligting.

Assessering van die ruimtelike aard van armoede in Suid-Afrika met behulp van satelliettegnologie

Ewert Kleynhans, Clive Coetzee LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2021-04-26

"Die kern van die ruimtelike kartering van armoede op ’n ruitnetwerk is dat ruimte inderdaad saak maak, in die sin dat armoedevlakke op een plek verband hou met wat op naburige plekke gebeur. Daar bestaan nie net ruimtelike verhoudings nie, maar dit lyk asof armoede fundamenteel verband hou met bepaalde ligging."

Foucault se unieke Oriëntalisme

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-04-23

"Foucault se selfonderbrekende ondersteuning van kritiese oorwegings tydens die Irannese Revolusie van 1978 tot 1979 was nie ’n argelose verontagsaming van intellektuele verantwoordelikheid nie, maar eerder ’n prinsipiële vermyding van die arrogansie van diegene wat aanspraak maak op gesaghebbende insigte oor sake waaroor 'ons Westerse Ander' eerder moet swyg."

Die ekonomie van kosbaarheid

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-04-22

"Deur die koppeling van ekonomie aan tuisteskepping gaan verskeie modusse van toenadering tussen mens en natuur oop, waaruit ons besef dat dit waartoe ons in staat is, nie alleen die resultaat van ons eie inspanning is nie, maar ook aan ons geskenk word."

Sentralisering en verbode seks

Esias E. Meyer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-04-22

"Die verse wat homoseksuele seks verbied is nou verweef met die beweerde sentraliseringsprojek. Verder moet ook onderstreep word dat die oproep tot heiligheid en die verbod om by ’n man te lê soos by ’n vrou uit dieselfde historiese konteks kom en wat ook al hierdie verskillende tekste in hulle historiese konteks wou bereik, kan nie van mekaar geskei word nie."

Toekomstaal, saadstories en ekokritiek in Alettie van den Heever se Stof

Neil van Heerden LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-04-20

"Stof is uiteindelik ook net ’n storie, maar die roman suggereer dat nuwe stories potensieel ’n daadwerklike impak op die mens se omgang met die niemenslike omgewing kan hê."

Press release: Othello at the 11th Shakespeare Schools Festival at Artscape

LitNet Lifestyle and entertainment 2021-04-19

Wynberg Boys' Acting Association (WBAA) will be presenting their unique abridged version of Othello at this year's Shakespeare Schools Festival South Africa (SSFSA), with the roles of Othello and Desdemona played by a female and male respectively.

Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-04-19

"Alhoewel Facebook beskou is as makliker om te gebruik, was die verskil in persepsies nie betekenisvol nie. Daarom kon aanbeveel word dat die groep onderwysers Gesels.net gebruik om ’n e-leergemeenskap te vestig."

Wiskunde, graad 6: eerste kwartaal – vraestel en memo

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-04-16

In graad 6 werk leerders al met komplekse getalle en getalpatrone. LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis help om Wiskunde in te oefen, want soos sport, word Wiskunde makliker hoe meer jy daaraan werk.

Wiskunde, graad 5: eerste kwartaal – vraestel en memo

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-04-16

In die eerste kwartaal van graad 5 word patrone ingeoefen en vasgelê in die Wiskundeklas. LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis help om getalle en getalpatrone makliker baas te raak.

Wiskunde, graad 4: eerste kwartaal – vraestel en memo

Lee-Ann Langeveld Notas, toetse en vraestelle 2021-04-16

Wiskunde in graad 4 is ’n aanpassing, maar met LitNet se span kundiges kan die slimkop in jou huis getalle en getalpatrone oefen en dit makliker baasraak.

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2021

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-04-16

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns maak die gesogte Akademiebekronings vir 2021 bekend.

Top