Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Wiskundeverrykingsartikel: Gemiddelde
2021-09-28"Ons word van jongs af bekendgestel aan die begrip van 'die gemiddelde'. Het iemand al vir jou gevra om te verduidelik wat met 'die gemiddelde', of meer korrek, 'die rekenkundige gemiddelde' van ’n steekproef van getalle bedoel word?" Lees Pieta van Deventer se artikel om die antwoord uit te vind.
Kennisgewing: US is gasheer vir taalkollokwium vir openbare universiteite
2021-09-27Hierdie kollokwium is die eerste in ’n reeks geleenthede wat universiteite gaan aanbied oor die nuwe taalbeleid vir hoëronderwysinstellings. Ter viering van die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid inhou, bied die US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking weer vanjaar ’n Taaldag, op 30 September, vir personeel en studente aan.
Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier
2021-09-27"In die diskoers rondom die etiese verantwoording van kernkragvoorsiening neem plaaslike gemeenskappe ’n sentrale plek in op grond van die onbetwisbare feit, enersyds, dat hulle voordeel trek uit die betrokke tegnologie en andersyds omdat hierdie gemeenskappe in die eerste linie geraak word deur die moontlike negatiewe gevolge van die besondere tegnologie."
Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, gelykvormigheid
2021-09-23In hierdie video verduidelik Lee-Ann West gelykvormigheid vir graad 9-leerders.
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media
2021-09-17"Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur ..."
"Darling, ek is onrondneukbaar": Intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks
2021-09-14"Ferreira verwoord haar ervaring van die bevrydende potensiaal van humor, selfspot en performance, veral in verband met haar aanvanklike lae selfbeeld wat haar genderidentiteit betref – kernelemente van die tematiese gemoeidheid van The shrew."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring
2021-09-13"Verder kan debatvoering oor ekotemas soos besoedeling, optrede om die aarde te beskerm, klimaatsverandering, uitwissing van spesies, uitputting van natuurlike hulpbronne en die toekoms van die planeet gevoer word. Daar kan idees uitgeruil word en voorstelle gemaak word om kwessies soos besoedeling en vernietiging aan te spreek; optredes te oorweeg, dus."
Graad 5: Afrikaans Huistaal-oefenvraestel en memo vir die derde kwartaal
2021-09-08Is jy in graad vyf en moet jy binnekort Afrikaans Huistaal-toets skryf? Eugene van der Westhuizen het vraestelle opgestel wat kan help met jou hersiening. As jy dit aflaai, sal jy sien waarom een van die vraestelle jou lus gaan maak vir ’n vrugtedrankie.
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel
2021-09-08"Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon ... is hulle eintlik simbole van mense of kinders."
Nadenke oor plattelandse leerders se belewenis van ’n positiewe onderwysbenadering
2021-09-06"’n Positiewe onderwysbenadering erken leerders vir wie hulle is sodat hulle waardeer voel en ’n samehorigheidsgevoel in die klaskamer ontwikkel. Hierdie samehorigheidsgevoel moedig leerders aan om aan klasaktiwiteite deel te neem."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense
2021-09-01"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies. Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie
2021-08-31"Leerders sal miskien hul eie weergawe van ’n toekomstige skool kan versin, want hulle kinders sal moontlik eendag so skoolgaan. Die Zoom-klasse wat ons vandag sien, is net die begin daarvan."
Persverklaring: SA Akademie se jaarlikse simposium 2021
2021-08-31Die SA Akademie se jaarlikse simposium, met die aktuele tema "Armoede in die Suid-Afrikaanse samelewing", vind virtueel op 16 September om 14:00 tot 17:00 per MS Teams plaas.
ALV-kongres 2021: program
2021-08-27Vanjaar se ALV-kongres vind van 15 tot 17 September plaas. Die tema van die kongres is "Affekte, emosies, begeertes en/in die Afrikaanse letterkunde". Hier is die volledige program.
Die debat om primitivisme: ’n wyer perspektief
2021-08-25"Belangrik in hierdie verband is die feit dat primitivisme nie uitsluitlik ’n Westerse verskynsel is nie. Heelwat van die inheemse mense van die Amerikas en elders wat in die rol van die edele barbaar geplaas is deur Europese ontdekkingsreisigers en geleerdes [...], het self een of ander vorm van ’n primitivistiese mite oor ’n goue tydperk gehad."
Breuke: Graad 5-oefenvraestel en -memo
2021-08-24Is jy in graad 5 en besorg breuke jou hoofbrekens? Met hierdie gratis oefenvraestel en -memo deur Wilhelm du Toit is die werk sommer so soet soos snoephappies.
Wiskunde met LitNet-video: Graad 11, hiperbool- en reguitlynfunksies
2021-08-23In hierdie video wys Lee-Ann West vir graad 11’s hoe om vraestelvrae rondom die hiperbool- en reguitlynfunksies te beantwoord.
Spore van dinamiese intertekstualiteit in Psalm 89
2021-08-23"Al drie stansas van Psalm 89 hoort bymekaar en is sedertdien as selfstandige eenheid gesien en deel gemaak van die koningspsalms in Psalms 73–89. Dit staan ook bekend as die versameling van Asaf- en Koragpsalms ..."
Moeders van ’n hoërisikogemeenskap se fotostemverkenning aangaande gemeenskapsbronne en behoefte aan verandering
2021-08-20"Die implikasie van hierdie navorsingsbevindings beklemtoon die gebruik van teoretiese perspektiewe soos ekologiese raamwerke en ’n makrogemeenskapslens sodat deelnemende-aksie-navorsing en gepaste metodes soos fotostemtegnieke die aktiewe rol van gemeenskapslede kan beklemtoon."
Wiskundeverrykingsartikel: Odds en waarskynlikhede
2021-08-19"Ons hoor dikwels iets soos die volgende: 'Die odds vir ’n perd om te wen is 1 tot 11', of 'Die odds is 1 teen 4 dat dit voor sesuur vanaand gaan reën.' Die bedoeling is dan dat, gegee soortgelyke omstandighede as wat in die verlede gegeld het, die waarskynlikheid 1/11 is dat die perd sal wen en 1/4 is dat dit voor vanaand 18:00 sal reën."
