Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

  • 0

Foto van Cliffordene Norton: LitNet

Die meisie met uitroeptekens in haar oë
Skrywers: Verskeie

Pan Macmillan South Africa
ISBN: 9781776250387

Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerleesboek vir tieners.

Onderwysers vir graad 7, graad 8 en graad 9 kan ook die stories met vrug in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse.

’n Paar van die skrywers vertel vir Naomi Meyer van hul kortverhale in die bundel.

Cliffordene Norton praat oor haar storie in die bundel, “Die kind smaak jou”.

Cliffordene, jou hoofkarakters kom van heeltemal verskillende plekke af, die een van Mitchells Plain en die ander van België. Maar hier beland hulle by mekaar – en jou verteller, Lincoln, is verbaas om gerugte te hoor dat die ander ou dalk ook van hóm hou. Vertel my so ‘n bietjie van jou karakters, asseblief.

Dit was vreemd ... Toe Miemie du Plessis my gekontak het, het daar agt stories in my kop opgedaag, maar hierdie twee karakters het die hele snyproses oorleef. Ek is mal oor Lincoln en Spencer – beide van hulle is vreemdelinge by die skool. Hulle wêrelde verskil, maar hulle deel die ervaring van nuwe studente by ’n skool wees. Spencer was ook die eerste persoon wat Lincoln ontmoet het en die idee van hoe studente by hierdie skool is, omver gegooi het.

Lincoln is in een of ander vorm al lank in my kop – ek het net gewag vir sy storie. Spencer het homself kom aankondig nadat ek Taste of Belgium in 2019 (https://voertaal.nu/taste-of-belgium-n-besoek) bygewoon het. Ek het nie geweet waar ek hom gaan gebruik nie, maar dis asof hierdie twee karakters vir mekaar gewag het.  

Selfs nadat die kortverhaal gepubliseer is, kom ek steeds terug na hierdie twee karakters. Dis asof hulle hul eie wêreld in my kop geskep het, en hul storie gaan voort, al fokus ek nie daarop nie. Wie weet, miskien keer ek terug na hulle toe wanneer ek meer ervaring onder my skryfbelt het.  

Wat was jou inspirasie vir jou storie?

.......

Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het.

........

Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het.

Nog ’n inspirasie is seker #WesLee se verhouding in Arendsvlei. Hulle is my gunsteling- Suid-Afrikaanse sepie-couple, en ek ship hulle nogal hard.

Vertel my in jou eie woorde waaroor jou storie gaan, in een of twee sinne, asseblief.

“Die kind smaak jou” is ’n liefdesverhaal, of die begin van Lincoln en Spencer se verhouding. Tydens die verloop van die verhaal erken hulle hul gevoelens vir mekaar en hulle act. Dis vir my gewoonlik die eerste stap van liefde – ongeag of dit kleinletterliefde (kortstondig) of een-maal-in-’n-leeftyd-liefde is. Om ’n besluit te neem.

......

Dis vir my gewoonlik die eerste stap van liefde – ongeag of dit kleinletterliefde (kortstondig) of een-maal-in-’n-leeftyd-liefde is. Om ’n besluit te neem.

.......

Lees ook:

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Taste of Belgium – ’n besoek

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top