Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

  • 0

Foto van Annelie Ferreira: verskaf

Die meisie met uitroeptekens in haar oë
Skrywers: Verskeie

Pan Macmillan South Africa
ISBN: 9781776250387

Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerlees-boek vir tieners.

Onderwysers vir graad 7, graad 8 en graad 9, kan ook die stories met vrug in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse.

’n Paar van die skrywers vertel vir Naomi Meyer van hul kortverhale in die bundel.

Annelie Ferreira praat met Naomi Meyer oor Annelie se kortverhaal “Betyds” in die bundel Die meisie met uitroeptekens in haar oë.

Annelie, ek kan nie wag vir jou karakters om mekaar te ontmoet nie. Gaan hulle betyds wees, dink jy? En vertel my so ’n bietjie van elkeen, asseblief.

......

Sakshi en Sai is spieëlbeelde van mekaar sonder dat hulle dit weet.

.....

Sakshi en Sai is spieëlbeelde van mekaar sonder dat hulle dit weet. Sakshi (’n meisie) bly in Johannesburg en Sai (’n seun) in Kopenhagen. Albei is gefassineer deur die maan en tyd, en albei se gunstelingvak is wiskunde. Met sulke goedgeorganiseerde persoonlikhede dink ek dis baie moontlik dat die twee mekaar sal ontmoet! Maar wie weet. 😉 

Jy klink of jy elkeen van hulle se omgewing ken. Was jy al waar albei van hulle woon? Wat was die inspirasie vir die storie?

Ek was al in Kopenhagen, ja (en natuurlik in Johannesburg). Ek het eerlik geen idee waar die inspirasie vir die storie vandaan gekom het nie!

Waaroor gaan jou storie?

......

In die storie beskryf ek om die beurt die daaglikse lewe van die twee karakters, wat duisende kilometer van mekaar bly en tog ongelooflik eenders is.

.......

In die storie beskryf ek om die beurt die daaglikse lewe van die twee karakters, wat duisende kilometer van mekaar bly en tog ongelooflik eenders is. In die Deense somer vlieg Sai saam met sy pa, ’n sakeman, Johannesburg toe, waar hy ontmoet sal word deur Sakshi se pa, wat haar gevra het om saam met hom lughawe toe te gaan.  

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Wiskunde met LitNet-video: Graad 11, statistiek, deel 2

LitNet se blokkiesraaisels oor internasionale voedseldag

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Jaco Fouché se kortverhaal oor vriendskap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top