Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Jaco Fouché se kortverhaal oor vriendskap

“Sosiale interaksie is baie dikwels pynlik, veral vir eenkantkinders en -mense wat nie aan algemene verwagtinge voldoen nie, of dit nou op grond van voorkoms, fisieke swakheid, skugterheid is. Genadiglik word ’n mens groot en kry jy meer seggenskap oor jou bewegings. Miskien kan in die klas gepraat word oor gewildheid.”