Press release: Sixth International Symposium on Place Names 2021 – second call for papers

LitNet Akademies en skole 2021-02-15

"Viewing place names as linguistic and cultural heritage artefacts, we need to consider what it means to document and use these alternative names. Not only are we interested in how these names come into being, but also the roles they perform in social dynamics."

’n Toepaslike regsraamwerk vir geoutomatiseerde gesigherkenningstegnologie in Suid-Afrika

Barrie Gordon LitNet Akademies (Regte) 2021-02-15

"Die insameling en verwerking van sulke inligting moet aan streng vereistes voldoen, en die Suid-Afrikaanse stelsel bevat wél sulke bepalings, maar dit wil voorkom of die uitsonderings te wyd geformuleer is om op ’n sinvolle wyse menseregteskendings te verhoed."

Ontlaeringskollokwium 2021: Tweede oproep om voorstelle

LitNet Akademies en skole 2021-02-12

Weens Covid vind die 2021 Ontlaeringkongres aanlyn plaas. Waar die vorige jare meer op die letterkunde gefokus was, word hierdie jaar ewe veel aandag gegee aan die onderrig van Afrikaanse letterkunde en taalkunde en die pedagogiek in die algemeen. Voorstelle word tot en met 10 Maart 2021 ingewag.

Om wiskunde beter te verstaan: ’n onderhoud met Amanda le Roux

Naomi Meyer, Amanda le Roux Onderhoude 2021-02-10

"Soos met enige vaardigheid help oefening dat jy dit makliker doen, maar ek dink nie oefening sonder begrip het veel waarde nie. Verstaan is nie dieselfde as 'kan doen' nie."

COVID-19 en die onderwys

Danie van Wyk SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2021-02-09

"Die COVID-19-pandemie het die onderwys onder verdere druk geplaas en tektoniese verskuiwings veroorsaak in ‘n stelsel wat reeds lank gebuk gaan onder erge wanadministrasie en merkbare agteruitgang."

Persvrystelling: Belê só in akademiese oorbruggingsjaar ná skool

LitNet Akademies en skole 2021-02-08

Vir diegene wat universiteit toe wil gaan, maar nie aan die toelatingsvereistes voldoen nie, bied ’n akademiese oorbruggingsjaar by ’n unieke Noord-Kaapse tersiêre instelling dalk ’n keuse.

Vonnisbespreking: Deliktuele skadevergoedingsreg – die “once and for all”-reël en die beginsel dat skadevergoeding in geld uitgedruk moet word, onder die soeklig

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2021-02-08

"Ten einde hierdie kwessie reg te stel, behoort die omvang en wyse van die betaling van skadevergoeding (eenmalig of periodiek) buite die bestek van die reël te val en aan die jurisdiksie van die howe oorgelaat te word soos nou deur artikel 173 van die Grondwet bekragtig is."

"Kyk na my": die beeldvorming van Nataniël

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-02-01

"Terwyl sy artistieke (self)beeldvorming sy seksualiteit tegelyk beklemtoon en onderspeel, word hy in sekere kringe as ’n gay-ikoon gesien. Nietemin fokus sy vertellings en lirieke nie op homoërotiek as oorkoepelende tema nie, maar eerder op andersheid."

WhatsApp in grendelklaskamers help skoliere beter kommunikeer

Regardt Visser, Willene Theart, Zubayr Charles Akademies en skole 2021-01-29

"Leerders wat gewoonlik skaam sou wees in ’n fisiese klaskamer, sou nou meer gereeld vrae vra deur persoonlike boodskappe te stuur, en so ook aangemoedig word om te kommunikeer en meer interaktief deelneem aan die leerproses." – Willene Theart, onderwyser van Hoërskool Strand.

Mediaverklaring: Jaar- of semesterkursusse by die Departement Afrikaans en Nederlands (US)

LitNet Akademies en skole 2021-01-28

Skryf gerus in vir die volgende jaar- of semesterkursusse by die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. | Enrol for one of these year or semester short courses presented by Stellenbosch University’s Department of Afrikaans and Dutch.

Wiskundeverrykingsartikel: Google en googol

Pieta van Deventer Notas, toetse en vraestelle 2021-01-26

Lees Pieta van Deventer se artikel oor die verband tussen wiskunde en 'n baie bekende soekenjin hier.

Groen van Prinsterer as vader van Christen-demokratiese politiek en sy rol in die konsolidasie van die grondwetlike demokrasie in Nederland

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-01-26

"Sy nalatenskap as die vader van die Christen-demokratiese politiek is vandag nog in Nederland merkbaar. Daar is tans in die Nederlandse parlement nog verteenwoordigers van die Staatkundig Gereformeerde Partij wat, in die gees van, en volgens soortgelyke beginsels as dié van Groen, openlik ’n Christelike staat voorstaan."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Chris Klopper

Freek Robinson, Chris Klopper Skole 2021-01-22

Die opening van die skooljaar is tot 15 Februarie uitgestel. Freek Robinson gesels met Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), oor die uitdagings van die onderwys in die tweede pandemiejaar.

LitNet-dramaspens

LitNet Drama 2021-01-22

Is jy op soek na ’n dramateks of monoloog vir ’n praktiese eksamen of Eisteddfod? LitNet het ’n versameling dramatekste (insluitend teatertekste, radiodramas en kabarettekste) in die LitNet-dramaspens!

Kennisgewing: Geskiedenissimposium, 29 Januarie 2021

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021-01-22

Alle belangstellendes word uitgenooi na die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium op Vrydag 29 Januarie 2021 wat virtueel aangebied gaan word. Vanjaar se tema is: "Kommunisme in Suid-Afrika: Verlede, verloop, vandag, 1921–2021". Bywoning is gratis.

Pos beskikbaar: Redakteur – Afrikaanse niefiksie

LitNet Jonathan Ball-portaal 2021-01-21

Suid-Afrika se voorste boekuitgewery is op soek na ’n vindingryke en energieke redakteur om ’n florerende publikasielys na nog groter hoogtes te neem. Die redakteur sal verantwoordelik wees vir die publikasie van Afrikaanse narratiewe niefiksie onder die Tafelberg-druknaam, maar sal ook Engelse niefiksie uitgee. Die pos verg daarom iemand met besondere taalvaardigheid in Afrikaans sowel as Engels, asook ’n lewendige belangstelling in Suid-Afrikaanse kwessies.

Mediaverklaring: Verbreed jou horison, leer Nederlands aanlyn

LitNet Akademies en skole 2021-01-20

Die volgende twee kortkursusse Nederlands vir beginners begin in Februarie aan die Universiteit Stellenbosch. Albei kursusse word volledig aanlyn aangebied.

Moedertaalonderrig: moedersmelk vir rekeningkundestudente?

Jan Dreyer, Juan Ontong, Armand Bruwer LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-01-18

"Die vraag kan gevra word waarom Zoeloe en Xhosa op die straat maklik praat- en verstaanbaar is, maar nie geskik is vir die klaskamer nie. Die eenvoudige antwoord is dat daar nie woorde bestaan, spesifiek in rekeningkunde, vir meeste van die vakterme nie."

Raad gevra: keuse van ’n voorgeskrewe boek vir graad 9?

Louise Horn Skole 2021-01-15

"Kan lesers asseblief ’n paar  voorstelle van jeugromans stuur wat geskik sal wees vir Afrikaans Huistaal graad 9? Veral geskik vir seuns." Lesers word hartlik uitgenooi om kommentaar onderaan die artikel te lewer met voorstelle.

Afrikaansstudente se persepsies en gebruik van WhatsApp as platform vir (taal-)leer: ’n nuwe norm(aal)?

Donovan Lawrence LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-01-14

"Studente se interaksie met die lesinhoud, medestudente en tutors is tot ’n groot mate deur toeganklikheid beïnvloed. Hulle het die verpakking van die lesinhoud in die vorm van ’n Word-dokument en stemnota positief ontvang. ’n Gebrek aan toegang tot Wi-Fi en data het egter ’n negatiewe invloed op hulle leerervaring gehad."

Top