USAN 2022: Kongres vir jong navorsers

  • 0

Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch bied van 19 tot 21 Januarie 2022 weer ’n tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan!

Die kongres is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknieë te deel.

Ons nooi graag alle nagraadse studente (PhD-, M- en afgestudeerde Honneursstudente) en jong navorsers (wat die afgelope vyf jaar gegradueer het) om voorstelle vir een van die volgende voor te lê:

Referaat (20 minute)

Plakkaataanbieding

Daar is geen beperking op temas nie. Die enigste vereiste is dat die referaat of plakkaat by een of meer van die volgende studierigtings aansluit:

Formele of toegepaste taalkunde

Letterkunde

Taalpraktyk (leksikografie, taalverwerwing, tolking en vertaling)

Aanbiedingstale: Afrikaans | Engels | Xhosa | Nederlands. ’n Tolkdiens is beskikbaar.

Ons sien daarna uit om jong navorsers op Stellenbosch te ontvang!

Stuur jou voorstel van 200 tot 300 woorde teen Vrydag 27 Augustus 2021 in.

Laai dit HIER op as jy ’n Gmail-adres het.

Laai dit HIER op as jy nie ’n Gmail-adres het nie.

Alle navrae kan gerig word aan Dalene Joubert en Natasha Harmse:

usan@sun.ac.za | usanconference@gmail.com

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top