Kennisgewing: SA Akademie bied ruim nagraadse beurse vir 2022

  • 0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel weer ’n beperkte getal ruim beurstoekennings beskikbaar vir die 2022- akademiese jaar vir magister- en doktorale studie in enige studierigting geskryf in Afrikaans. Geskikte kandidate word hiermee uitgenooi om teen 30 Oktober 2021* vir hierdie nagraadse beurse aansoek te doen.

Magisterstudiebeurse word tot ’n maksimum van R60 000 toegeken en doktoralestudiebeurse tot ’n maksimum van R120 000 (die bedrae word bepaal deur die beskikbaarheid van fondse).

* Nie op 30 September, soos in die PDF by die skakel hier onder aangedui nie.

Klik hier vir al die inligting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top