Kennisgewing: Taalkommissie se splinternuwe Adviespaneel

  • 1

Wees deel van iets nuuts en help ons om ’n nuwe wiel uit te vind.
Sluit aan by die Taalkommissie se splinternuwe Adviespaneel.

..........

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi jou om deel te word van ’n opwindende inisiatief om ons Taalkommissie te vernuwe. Vir die eerste keer sedert die Taalkommissie se stigting in 1914 sal ’n adviesliggaam voortaan die kommissie bystaan met hulle normeringstaak.

Hierdie Adviespaneel sal saamgestel word uit belangstellendes uit die breë Afrikaanse taalgemeenskap wat ook verteenwoordigend sal wees van verskillende belangegroepe. Die Adviespaneel sal van Januarie 2022 vir ’n tydperk van drie jaar die Taalkommissie adviseer oor die insluiting van veral woorde in die volgende uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Let wel: Die Adviespaneel sal slegs virtueel te werk gaan sodat geen tydrowende vergaderings bygewoon hoef te word nie.

Die SA Akademie sal jou deelname in hierdie Adviespaneel hoog op prys stel omdat dit vir ons besonder belangrik is dat die AWS gesaghebbend moet wees. Afrikaans moet in al haar skakerings verteenwoordig word!

Belangstellendes kan ’n e-pos aan linda@akademie.co.za stuur.

Klik hier vir meer inligting oor die Taalkommissie.

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Wat? Gaan Taalkommissie of Taalraad ons sprekers help? Hul treur net in media oor optrede en uitsprake teen Afrikaans, deur veral Blade Nzimande.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top