SA Akademie: Uitnodiging na bekroningsplegtigheid

  • 0

Jy word uitgenooi om op Woensdag 14 Julie 2021 om 18:00 na die SA Akademie se noordelike bekroningsplegtigheid te kyk wat op die Akademie se Facebookblad en ook op die Akademie se eie YouTube-kanaal gebeeldsaai sal word. Die suidelike bekroningsplegtigheid word twee weke later, op 28 Julie, gebeeldsaai.

Hier onder is die program van die twee bekroningsplegtighede.

Hier is die skakels waar jy op 14 Julie na die noordelike bekroning kan kyk:

Facebook-skakel: https://www.facebook.com/saakademie

YouTube-skakel: https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg

Persone wat nog nie op die Akademie se Facebookblad na vorige video’s gekyk het nie en wat onseker is waar om dit te vind, volg asseblief die volgende aanwysigings: Wanneer jy op die Facebookskakel hier bo klik, sal jy op die sigblad wat oopmaak die lesing onder “Videos” vind. (Laagenoemde is te vind op die keusebalkie net onder die naam van die Akademie onder die foto van die Akademiegebou. Kies “More” en klik dan op “Videos”. Op sommige rekenaars is die keusebalke vertikaal, links op u skerm.

Klik hier om die program vir die bekroningsgeleenthede in PDF-formaat af te laai.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top