Terry Terblanche Botha is sestien jaar oud. Die volgende skryfwerk is uit eie beweging aan LitNet gestuur.
My ou maat, vir jou is ek baie lief
In jou het ek ’n ware vriend
Ek ken jou al my hele lewe
Was saam op elke skool.
Ek onthou ons kinderdae op Philippolis
Fietsresies tot by BKB
En jy wat my help as ek voel ek kan nie meer.
Van babatyd is jy deel van my
En ja, ons het al baklei
Maar maak nie saak wat,
Jy is altyd aan my sy.
Ek hoop jy weet dit
Ek hoop jy onthou
Jy’s my beste vriend
Van kleins af tot nou
Ek kan ’n hele boek skryf oor al ons avonture
En die skel van die bure
Onthou jy daai keer?
Wanneer gaan ons leer?
Ons is nog jonk en onervare
Heeltemal deur die blare!
Maar dis fine,
Al word die berge plat
En vul die Vrystaat weer met water
Sal ek trots wees om te sê
Jy is my mater!
Van kleintyd tot nou
Kan ek sê,
Ek bly tog lief vir jou.
Kommentaar
Soveel talent, ons hou jou dop, Terry!
Pragtig, ek sien jou en jou mater op julle fietse deur die water 🤗