Ontlaering 2021: Geworteldheid – die onderrig van Afrikaans in spesifieke ruimtes

  • 1
2021 Program: Donderdag 29 April en Vrydag 30 April
Donderdag 29 April 2021

9:00 – 10:30

  • Verwelkoming: Janien Linde
  • Hoofrede: Antjie Krog (Letterkunde)

10:30 – 12:00

  • Sessie 1: Chronotopie, plek en beliggaming
  • Voorsitter: Bibi Burger
  • Afrofuturisme in Stof – Jerome Coetzee
  • Die skrif is aan die muur, ’n liggaamlike ruimte om terug te praat – Kanya Viljoen
  • Plekpoëtiese beskouings, die Vrystaat en Gilbert Gibson – Ignatius Botes

12:00 – 13:00

  • Middagete

13:00 – 14:00

  • Paneelbespreking: Taalkunde
  • “Afrikaanse taalonderrig te midde van ’n pandemie, ontsluit geslote grense dalk nuwe onderrigruimtes?” – Adri Breed (gespreksleier), Marius Swart, Shirmoney Rhode, Timothy Colleman, Jolyn Phillips

14:00 – 16:00

  • Sessie 2: Standaardisering, variasie en transformasie in die klaskamer
  • Voorsitter: Mathilda Smit
  • Standaardisering as ’n produk van die tydsgees - Sulene Pilon en Gerhard van Huyssteen
  • Die potensiaal van betrokke poësie om ’n sensitiwiteit vir taalvariasie en -ideologie by voorgraadse studente te kweek – Janien Linde en Johanita Kirsten
  • Die pedagogiese potensiaal van ’n plekspesifieke stap- en kreatieweskryfwerskwinkel – Bibi Burger
  • Transformering van letterkundetekste – Alta Vos

16:00 – 17:00

  • Hoofrede: Andries Coetzee (Taalkunde)
  • Afsluiting: Earl Basson
Vrydag 30 April 2021

10:00 – 11:00

  • Hoofrede: Michael Le Cordeur (Pedagogiek)
  • Voorsitter: Earl Basson

11:00 – 12:30

  • Sessie 3: Vertellers; stories en plekke
  • Voorsitter – Janien Linde
  • “connected in Berlyn” (Antjie Krog). GESOEK: spoorsnyers – Maria Snyman
  • Met die oog op gister, vandag en more: Die Afrikaanse versdrama in die visier, met spesifieke verwysing na Antjie Krog – Mathilda Smit
  • Nataniël en sy stories – Hardus Ludick

12:30 – 13:30

  • Middagete

13:30 – 14:30

  • Paneelbespreking: Letterkunde
  • “Die onderrig van Afrikaanse letterkunde hier en elders” – Marena Lotriet (gespreksleier), Yves Tjoen, Marni Bonthuys, Ronelda Kamfer

14:30 – 15:30

  • Poëtiese wortels - Pieter Odendaal en Lynthia Julius
  • Voorsitter: Mathilda Smit

15:30 – 16:00

  • Bedankings en afsluiting: Die Ontlaeringspan 2021
  • 1

Kommentaar

  • Andries+van+der+Walt

    Die verlies van Afrikaans as onderrigtaal is nie soseer die grootste gevaar vir die voortbestaan van Afrikaans nie. Ons leef in 'n tegnologiese eeu waarin tegnologie 'n groter nadelige invloed op mense se korrekte gebruik van die taal het. Deesdae dink mobiele fone, skoot- en persoonlike rekenaars vir kinders en leerlinge. Kyk maar hoe skryf en spel hulle in teksboodskappe - en die gebruik van emojis in die plek van woorde neem toe. Ons is al klaar besig om vanweë die tegnologie in massamense te verander wat in 'n tegnologiese gemeenskap bly.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top