Die verskillende gesigte van Tom Ripley
2024-05-03"Die talle interpretasies van, en ’n moderne (her)besoek aan, Ripley in die gedaante van ’n neonoir minireeks hou verband met die geleidelike opbloei van die antiheld in die afgelope paar jaar se film- en televisieproduksies. Mens dink byvoorbeeld aan Breaking bad, The blacklist, of House of cards, waar die tradisionele (morele) held plek maak vir ’n donkerder argetipe in die gedaante van die antiheld."
’n Dreigende halsmisdaad
2024-04-16"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."
Uit die dagboek van ’n gewoontestapper
2024-03-12"Elke individu se unieke manier van loop – kriminoloë verwys daarna as jou idiosinkrasie – is ’n nuttige instrument as dit by die uitken van misdadigers kom."
Die 86 inkarnasies van Catherine
2024-02-12"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."
Oor Pa se kraggereedskap en Pandora se boks
2024-01-15"Vandag is daar USB-herlaaibare bore en skroewedraaiers, maar ek vermoed ’n 'regte' man sal nie gereedskap vertrou wat herlaaibaar is en geassosieer word met rekenaartoerusting nie. Hoe kan ’n 12 volt-boor nou ’n gat in die muur maak?"
Om te flerts, te jodel of te paradeer
2023-12-07"Die studieveld Letterkunde, ook Literêre Teorie of Literatuurwetenskap genoem, is aan universiteite uitgefaseer en is vervang met ’n nuwe veld: Digitale Inhoudskepping. Letterkundiges het hul nut en relevansie verloor in die aangesig van duisende boekbeïnvloeders."
’n Knypie vet van die offergeld
2023-11-16"Ek het jare gelede vir my so ’n lang konsertinabeurs gekoop, een wat oopvou met baie sakkies om al my lojaliteitskaarte in te bêre. En steeds het hierdie beurs nie genoeg plek vir die groeiende aantal kaarte nie. By die meeste handelaars is klante 'verplig' om deel te neem aan die een of ander lojaliteitsprogram – dan ontvang jy ’n kaart wat jy moet skandeer."
Omega | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-09"Ek gaan alle vlees met lewensasem in laat wegsterwe op die planeet, maar Ek gaan julle begenadig en uitspaar. Bou ’n vuurpyl volgens my voorskrifte: Ek sal my sagtewareprogram, Omega, aktiveer en jou van alle inligting voorsien. Die kodenaam is #PeterSchilling."
Die stereotipering van vroue
2023-10-19"Dit is inderdaad so dat mens ander nie op rigiede wyse in kassies, kompartemente – noem dit wat jy wil – kan plaas nie. Maar dit is wel die geval dat die narratiewe onderliggend aan menslike gedrag en prototipes in patrone bly uitspeel. Hier volg ’n paar van die vroulike stereotipes."
Die stereotipering van mans
2023-09-14"Die popsielkunde van die dag [lei] ongelukkig tot die onnodige en skadelike etikettering van onskuldige mense. Wat my terugbring na die kategorisering van mans – wat deur vrouelesers met opwinding, angs en talle vermanings bejeën word."
Barbie: ’n Feministiese ikoon of ’n paradoks in pienk?
2023-08-28"Uiteindelik word die uiteenlopende beskouings rondom Barbie blote projeksies van vrese en vooroordele op die arme pop-ikoon. En perdalks is Barbie ’n Rorschach-toets in pienk. Diegene wat haar liefhet én haat dra steeds by tot die omstrede en hoogs suksesvolle bemarkingsveldtog wat haar sedert 1959 laat floreer het."
laatnageilande: ’n onderhoud met Marlise Joubert
2023-08-21"Omdat ek meestal laat in die nag skryf en die isolasie soos ’n eilandstilte skerper begin ervaar het, het die titel spontaan na vore gedring."
Analoognostalgie: ’n elegie aan ’n verlore tyd
2023-07-13"Nostalgie bind mense aan mekaar. Tog is daar ’n skadukant aan hierdie bladsye, en dit is dat die hunkering na die verlede."
Hoe die poppe dans
2023-06-13"Volg ’n mens die tydlyn sedert 1959, blyk dit duidelik dat Mattel weet hoe om die popkultuur (woordspeling bloot toevallig!) en eietydse ideologiese invloede in die leefwêreld van ’n pop te inkorporeer. Want poppe speel immers die heersende gedragspatrone, sosiale waardes en projeksies uit."
Die nuwe ge-bot
2023-05-10"Liefdesverhoudings – insluitend dié met ’n erotiese strekking – tussen mens en robot is inderwaarheid ’n ou en bekende konsep. En net soos ou navorsing te berde gebring word, raak ou skrywers se werk weer relevant."

