Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha
2025-09-22"Botha lewer, met ’n chemikus se oog vir besonderhede, met Bakeliet ’n verfrissende bydrae tot hedendaagse Afrikaanse poësie." Lees Nini Bennett-Moll se resensie van Bakeliet en onderhoud met Anri Botha.
Springmielies: Die moderne herinterpretasie van Jesus as KI-kletsbot
2025-09-17"In sy jongste rol as 'KI-Jesus' staan Jesus, ietwat ongemaklik, as ’n wit man, geklee met ’n bruin-en-wit kappie en kleed, 24/7 beskikbaar om enige vrae op sy Twitch-kanaal, ask_jesus, te beantwoord."
Stories vir die siel – inspirerende kortverhale, saamgestel deur LAPA Uitgewers: ’n resensie
2025-09-15"Stories vir die siel is ’n bundel wat jou laat lag, huil en nadink – en bowenal, jou laat vóél."
Heil die Leser! Oor verganklikheid en verlies: alles van waarde is weerloos
2025-08-14"Die bekende en nimlike digter Melanie Grobler se vyfde digbundel het onlangs by Naledi verskyn. Ek het by die digter gaan kers opsteek oor dié aangrypende nuwe bundel, en haar ’n paar vrae gevra wat my geprikkel het tydens die leesproses."
Springmielies: Tatoeëermerke as liminale merkers
2025-08-14"Baie mense wat tatoeëermerke aangebring het, bestempel dit as die oorgang na ’n belangrike lewensgebeurtenis. Nou die dag kom die gedagte by my op: In watter mate figureer tatoes as merkers van liminaliteit?"
Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud
2025-07-16Nini Bennett-Moll skryf oor boeke wat vroulike trauma aanspreek: "Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef."
Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites
2025-07-15"’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen – vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg."
Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding
2025-06-13"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe
2025-05-14"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."
Klaarte deur Louis Esterhuizen: ’n resensie
2025-05-02"In Klaarte lewer Esterhuizen berig oor sy digterlike belewenisse in ’n krimpende, kleiner wordende lewensruimte, byvoorbeeld die digter-spreker se huis en tuin, of herinneringe wat uitspeel in denkbeeldige en vergange ruimtes."
Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors
2025-04-16"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"
Heil die Leser!: Narratiewe medisyne
2025-04-15Nini Bennett-Moll skryf oor Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: "Sy skryf die goudaar van ware liefde raak" en oor Uit rou gebore: Na die verlies van ’n lewensmaat deur Elisma van Zyl: "’n liriese verkenning van die blywende krag van liefde te midde van ondenkbare verlies".
Breinlabirint deur François Bloemhof: ’n resensie
2025-04-15"Dit is ’n plot wat enduit boei – nóg ’n suksesverhaal op Bloemhof se kerfstok."

