Nini Bennett-Moll

Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. In 2001 behaal sy ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale, Stoornis, wat in 2003 met die UJ-debuutprys bekroon word. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in 11 amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks (2011), en toe Boekstaaf (2015) verskyn by Cordis Trust-publikasies, terwyl haar jongste bundel, Donkerwerk (2019), ’n tuiste by Naledi vind. Sy is werksaam as digmentor, blogger en resensent en woon in Kaapstad.

 

Die skadukant van fotografie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-06

"Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie."

Die vrou in die hek

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-08-03

"Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm."

Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-07-19

"Met Tien voor een maak die skrywer haar merk as romansier. Die volgehoue spel met die leser – as gesofistikeerde literêre kommunikasieproses – beïndruk. Die leser begelei die skrywende Odela dwarsdeur haar figuurlike 'dark night of the soul' uit die donker en weer terug na die lig. En dié katarsis reinig skrywer én leser."

’n Kroniek van die populêre kultuur in die ’80’s

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-06-30

"Almal wat in daardie tyd geleef het, dra iets van die ’80’s met hulle saam. Of dit nou ’n gunstelingsong is, of ’n voorliefde vir paisleydasse, Wayfarer-sonbrille – of perdalks die shoulder pads in werksdrag – na alle waarskynlikheid is die ’80’s, as tydvak, die dekade wat deur die heel gelukkigste herinneringe gekenmerk word."

Resensie: minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-06-21

"Die toonaard van minjonet en bitterbos is nostalgies en berig oor ’n vertroude tipe kennis en ervaring van die streek en sy mense; die oproep van gedeelde en bekende intiemhede en ’n terughunkering na ’n vergange wêreld."

Van toeval en toeverlaat (Met apologie aan Ingrid Winterbach)

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-05-17

"Mens lag dikwels oor die bisarre wending wat ongelukke kan neem – veral as die kousale gang daarvan in jou guns draai en jy gelukkig (of ongelukkig) genoeg is om te oorleef."

Vlam deur Sidney Gilroy: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-04-19

"Gilroy slaag daarin om sy verhaalgebeure as anachronistiese aanbod sinvol en in ewewig te bestuur."

Sprokie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-04-19

"’n Sprokiesmooi troue. ’n Bruid se grootste dag. Oral in die media word hierdie idee – of mite – aangeblaas."

Virtuele nasate

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-03-16

"By sy begrafnis het my ma vir die eerste keer haar halfsibbe ontmoet. Ek was toe 19. Na die diens het ek op my bed gaan lê en gehuil. Eers met my wang sywaarts op die kussing. Jy kan met een oog huil, soos ’n sikloop. Huil in reliëf, soos ’n sfinks. Huil met jou kop tussen jou hande terwyl die trane bidsnoere maak om jou polse."

Die regte van diere in deeltitelskemas (en die verskil tussen katte en honde)

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-02-21

"Die meeste huiskatte is arrogante introverte. Om die waarheid te sê (en nou trap ek katvoet, want ek is ook ’n katliefhebber), katte is totaal self-absorbing. Enige liefde of toenadering teenoor hulle humans word as ’n wonderwerk beskou, al staan kiets en skuur en miaau teen die yskas vir tuna. Katte is narsiste."

Die paartie-tapes

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-01-21

"Vandag se generasie het nie ’n vaagste benul van die frustrasies – en vreugdes – wat die musiekliefhebbers van die sewentiger- en tagtigerjare beleef het nie."

Die tyd van die tegnokrate

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-12-13

"Die tyd van die tegnokrate het onherroeplik aangebreek. Laasgenoemde is waar, soveel méér as vir enige tydvak in die mens se geskiedenis. Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie. Wetenskapfiksie, soos ons dit eens geken het, het gaandeweg geskiedenis geword."

Verskoon my Frans

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-11-19

"Vuil, kru of gekruide taal. Afrikaanses maak ruimskoots gebruik van swetsery, verwensinge en kragwoorde. Vloekwoorde, as ’n versamelnaam, dui op taboewoorde en is ’n aktiewe deel van enige taal se leksikon. En Afrikaanses pruim in ’n ruim woordeskat, al is hulle ook hóé ingat of vroom."

Waar’s my bril?

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2021-10-13

"Toe kom die e-posse. Subtiel: Kan jy asseblief kyk na paragraaf sus of reël so, tikfoutjie? Ek sukkel al hoe meer om te grimeer. Hoe doen vroue dit? Jy kan tog nie ’n bril opsit as jy eyeliner aanwend nie."

Disteltyd deur Marlise Joubert: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2021-09-30

"In Skotland word die distel geëer as heraldiese simbool van dapperheid. Die gemene deler tussen al die teenstrydige simboliese betekenisse is egter een van volharding – disteltyd is ’n ryk geskakeerde bundel en Joubert skryf met ’n deurwinterde digtershand waarin sy op kaleidoskopiese wyse bestekopname neem van ’n lewe."

Top