Heil die Leser! Die omstrede Vance – en sy boeiende memoires
2024-10-24"’n Elegie is ’n treursang oor ’n gestorwe persoon. Hiér is die persoon die jonger JD Vance wat sy lewe as hillbilly agtergelaat het [...] Die memoires is ’n dringende en ontstellende besinning oor die verlies van die 'American dream' vir ’n groot segment van die VSA."
Springmielies: Hillbilly-hemel
2024-10-18"Deur die uitbreiding van Trump se aanlyn winkels het hy sy politieke handelsmerk gekommersialiseer in ’n poging om sy ondersteuners te mobiliseer en om só ’n gevoel van kollektiewe identiteit te skep. Donald Trump – die handelsmerk – het die grense tussen tradisionele politiek en verbruikerswese laat vervaag."
Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels
2024-10-14"Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn ... Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media." Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapste stad.
Springmielies: ’n Ode aan popcorn
2024-09-11"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."
Heil die Leser! ’n Oorsig van wetenskapkommunikasie
2024-09-04"Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, vir diegene wat belangstel in wetenskaplike natuurverskynsels. Hierdie verbeeldingsreise kom in verskillende gedaantes voor. Daar is byvoorbeeld karakters uit die mitologie en volksverhale; uit wetenskaplegendes; uit fabels, en selfs spookstories."
Madam President!
2024-08-14"Amerikaanse politiek funksioneer soos politieke teater, ’n rollespel wat versterk word deur Hollywood-glans en die hibriede voorstelling van hiperrealiteit. Voornemende kiesers, kykers en belangstellendes is tans besig om, inderwaarheid, die nuwe rolverdeling met die Harris/Trump-presidensiële veldtogte te kies en Suid-Afrikaners doen mee aan hierdie proses, waarskynlik omdat ons eie politiek ter plaatse te vervelig of korrup is."
… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-07-18"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."
’n Dag in die lewe van ’n Facebook-narsing
2024-07-17"Laatmiddag neem Yolandré-Marie wéér ’n selfie, die suffelste een vir die dag. Die regterarm groei grotesk uit, maar word genadiglik geamputeer deur die lens. Selfie, selfie, in my hand, wie’s die mooiste in die land?"
Treinboemel: skimme op skemer perronne
2024-06-14"In die verlede het die groot ontdekkers besit geneem van nuwe, onontginde terrein; die moderne ontdekkers verfilm verbode terrein. Toegerus met ’n selfiestok, GoPro, ’n klein hommel en ’n rugsak waarin daar ’n slaapsak, gasstofie en opslaantentjie, termiese klere, hangmat, kos en gebottelde water is, durf die treinboemelaar sy ontdekkingsreise aan."
Die verskillende gesigte van Tom Ripley
2024-05-03"Die talle interpretasies van, en ’n moderne (her)besoek aan, Ripley in die gedaante van ’n neonoir minireeks hou verband met die geleidelike opbloei van die antiheld in die afgelope paar jaar se film- en televisieproduksies. Mens dink byvoorbeeld aan Breaking bad, The blacklist, of House of cards, waar die tradisionele (morele) held plek maak vir ’n donkerder argetipe in die gedaante van die antiheld."
’n Dreigende halsmisdaad
2024-04-16"Hond se kind se geblaf slaan juis ’n senuwee in my brein raak en ontplof teen my skedeldak dat ek wil huil van die sensoriese pyn. Ek moet skryf en het stilte nodig. Ek is obsessief-besitlik oor my stilte as ek konsentreer en dan is dit ál wat saak maak."
Uit die dagboek van ’n gewoontestapper
2024-03-12"Elke individu se unieke manier van loop – kriminoloë verwys daarna as jou idiosinkrasie – is ’n nuttige instrument as dit by die uitken van misdadigers kom."
Die 86 inkarnasies van Catherine
2024-02-12"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."
Oor Pa se kraggereedskap en Pandora se boks
2024-01-15"Vandag is daar USB-herlaaibare bore en skroewedraaiers, maar ek vermoed ’n 'regte' man sal nie gereedskap vertrou wat herlaaibaar is en geassosieer word met rekenaartoerusting nie. Hoe kan ’n 12 volt-boor nou ’n gat in die muur maak?"
Om te flerts, te jodel of te paradeer
2023-12-07"Die studieveld Letterkunde, ook Literêre Teorie of Literatuurwetenskap genoem, is aan universiteite uitgefaseer en is vervang met ’n nuwe veld: Digitale Inhoudskepping. Letterkundiges het hul nut en relevansie verloor in die aangesig van duisende boekbeïnvloeders."

