Disteltyd deur Marlise Joubert: ’n resensie
2021-09-30"In Skotland word die distel geëer as heraldiese simbool van dapperheid. Die gemene deler tussen al die teenstrydige simboliese betekenisse is egter een van volharding – disteltyd is ’n ryk geskakeerde bundel en Joubert skryf met ’n deurwinterde digtershand waarin sy op kaleidoskopiese wyse bestekopname neem van ’n lewe."
Die dag toe ek gesterf het
2021-09-13"En iewers, tussen eskatologie en die wetenskap, is skeptici wat probeer sin maak uit die eeue-oue vraag: Skei die gees van die liggaam na die dood, en is die eindbestemming inderdaad die hemel of hel?"
Gesins- en familienarratiewe
2021-08-16"Elke familie het waarskynlik ’n oom wat besluit om die familiegeskiedenis te dokumenteer. Kom ons noem hom oom Giepie. Hy tree na vore as die alfaman en neem eienaarskap van jou identiteit en persoonlike inligting. Lidmaatskap is nie vrywillig nie. Nee, as jy jou doopname google, is jy skielik dáár, en as jy vroulik is, is jy en jou susters bloot terloopse sytakkies aan ’n boom, want genealogie is ’n patriargale storie."
’n Kultus van positiewe denke
2021-07-22"Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie."
Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt: ’n resensie
2021-06-30"Ullyatt, ’n geliefde figuur in die literêre landskap, het verlede jaar haar stryd teen kanker verloor. Haar debuutbundel is gekortlys vir die Ingrid Jonker-prys."
Catch me if you can: binne die psige van die triekster
2021-06-14"Mens wonder of hy onder normale, of eerder wettige, omstandighede dieselfde loopbaankeuses sou volg, dieselfde suksesse sou behaal? Of is die con self die middel tot die doel? Die lewe is ’n speeltoneel, inderdaad."
Van monarge en monumente gepraat
2021-05-17"Megxit is ’n gelaaide nuutskepping: Dit verwys na Prins Harry, Hertog van Sussex, en sy vrou, Meghan Markle, wat op 8 Januarie 2020 op Instagram aangekondig het dat hulle gaan uittree as senior koninklikes en finansieel onafhanklik gaan word."
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand …
2021-04-20"In tandem met die #Instagramvsreality-beweging het die idee van body positivity gegroei. Alle mense verdien erkenning vir ’n positiewe liggaamsbeeld, ongeag die samelewingstandaarde wat die ideale vorm, grootte of gelaatstrekke dikteer."
Die waarde in die waardelose
2021-02-18"Suid-Afrika het voor COVID-19 ongeveer 90 000 afvalverwerkers gehad; die syfer is nou, as gevolg van toenemende armoede en werkloosheid, véél hoër."
Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen: ’n resensie
2021-02-17"In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak."
’n Kroniek van die kettingbrief
2021-01-14"Ek was 10 jaar oud toe dit gebeur het – die eerste en enigste keer in my lewe. Een middag na skool hou my ma ’n koevert na my toe uit en sê: 'Hier is pos vir jou.'"
Inspirasiepornografie
2020-12-17"Die term ’inspiration pornography’ is in 2012 gemunt deur Stella Young, ’n Australiese aktivis vir die regte van gestremde persone. Dit verwys na die verskynsel dat gestremde mense as bron van inspirasie gesien word suiwer op grond van hulle gestremdheid."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck
2020-12-10"Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai."
Nazi-Duitsland en sy dwelms
2020-11-17"En tog word dwelmmiddels tydens oorlogsituasies mildelik ingespan om die soldate se militêre prestasies te verbeter, alhoewel dit nooit die geskiedenisboeke haal nie."

