Nini Bennett-Moll

Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. In 2001 behaal sy ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale, Stoornis, wat in 2003 met die UJ-debuutprys bekroon word. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in 11 amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks (2011), en toe Boekstaaf (2015) verskyn by Cordis Trust-publikasies, terwyl haar jongste bundel, Donkerwerk (2019), ’n tuiste by Naledi vind. Sy is werksaam as digmentor, blogger en resensent en woon in Kaapstad.

 

Olga Kirsch. ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2019-03-11

"Afgesien van Kirsch se bydrae as Afrikaanse digter, kom haar Hebreeuse en Engelse poësie onder die soeklig, byvoorbeeld die publikasie van Nevertheless (1966), wat nêrens in enige ander biografiese opgaaf rondom Kirsch se lewe vermeld word nie."

Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2017-10-25

Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2017-09-13

"Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses."

Dit was nie ek nie

Nini Bennett-Moll Fiksie 2017-01-27

"Eindelik bly ek net gehipnotiseer sit en staar na die oorstuk wat met ’n wil en ego van sy eie handel."

In the flesh

Nini Bennett-Moll Fiksie 2016-11-15

"Die moederboom wieg en sterf van bo na onder toe af, want die wortelstelsel se hart wroet nederig en na aan die aarde."

Boekresensie: Skryn deur Emma Bekker

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-10-25

"Die teksskrywer en regisseur Emma Bekker debuteer met Skryn, ’n bundel gedigte waarin die betekenisse van die begrip 'skryn' veelvlakkig ontsluit word  as noodsaaklike skaafprosesse, of ruimtes waarin kosbaarhede bewaar word."

Boekresensie: Tussen die klippe deur Hans du Plessis

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-08-15

"Soos in As die wind kom draai ontgin Du Plessis aardse simboliek op ’n meesterlike wyse. So word die klippe eindelik die verkondiging van ’n tasbare liefde tussen mense, en die filosofie van die waarheid loop parallel met dié van die liefde."

Boekresensie: 'n Vlerkslag van kleur deur Fransi Nieuwoudt

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-06-13

"’n Vlerkslag van kleur is ‘n bevredigende en moedige bundel met die belofte van ’n volhoubare digterskap."  

Op hierdie Dinsdag

Nini Bennett-Moll Fiksie 2016-04-29

"’n Week het een Dinsdag. ’n Jaar, ’n halwe honderd. ’n Rewolusie het baie Dinsdae."

Resensie: Portrette in my gang deur Dolf van Niekerk

Nini Bennett-Moll Resensies 2016-04-12

"Eindelik word die digter ’n soort kurator, die skatmeester van ouds, en die bundel ’n opgaaf van kosbare memento’s en memoires."

Tien vrae: Nini Bennett oor Boekstaaf

Nini Bennett-Moll, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2015-08-07

"Met die koms van die internet het die wêreld kleiner begin word – ook die Afrikaanse literêre landskap het paradoksaal verruimend begin 'krimp'."

Stembrief deur Nini Bennett

Nini Bennett-Moll 2015-03-09 "Hier kom ’n maag aan. Hy trap wiegend soos ’n malgas."

Die lewe is ’n elegie: vir Marthinus Beukes

Mellet Moll, Nini Bennett-Moll 2014-10-09 “Die diskoers van die dood is die snykant van die lewe.” (Marthinus Beukes)

Biebouw-resensie: Glipstroom deur Anemari Jansen

Nini Bennett-Moll 2014-09-23 "Ek leef in die glipstroom van verlede jaar. Alles wat toe gebeur het, beïnvloed my lewe nou."

Die bedryf van ’n aanlyn digkunsakademie

Nini Bennett-Moll 2014-08-05  
Top