Nini Bennett-Moll

Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. In 2001 behaal sy ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale, Stoornis, wat in 2003 met die UJ-debuutprys bekroon word. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in 11 amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks (2011), en toe Boekstaaf (2015) verskyn by Cordis Trust-publikasies, terwyl haar jongste bundel, Donkerwerk (2019), ’n tuiste by Naledi vind. Sy is werksaam as digmentor, blogger en resensent en woon in Kaapstad.

 

Heil die Leser!: Die waarde van selfhelpboeke en motiveringslektuur

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-02-14

"Die lewe kom sonder ’n handleiding. ’n Mens word uitgelewer aan allerlei onvoorsiene uitdagings en krisisse. ... Ons, as lesers en skrywers, genees mekaar met stories. ’n Voorbeeld hiervan is ’n Vrou staan op, Ilse Verster se opvolg op haar blitsverkoper, So lyk ’n vrou."

flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-02-14

"Afgesien van die perspektiewe van digtende dokters, is die verse geskryf vanuit die oogpunt van Jan Alleman se belewenisse met mediese verskynsels in al hul gedaantes: vanuit die perspektief van die pasiënt, die toeskouer/voyeur, en die mediese werkers. Ons is almal deelgenote aan mediese praktyke ..."

Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier – ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2025-02-14

"[Fanie] Olivier verdien lof vir sy besonder mooi poëtiese vertaling van die romans, want Mortier kan slégs deur ’n digter vertaal word."

Springmielies: Die terapeutiese waarde van oorlogsfilms

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2025-01-16

"Of dit nou deur persoonlike selfrefleksie of die konfrontasie van historiese trauma is, oorlogsfilms bied by wyse van katarsis en die skep van empatie ’n ruimte om genesing te fasiliteer."

Heil die Leser!: Vertaalkuns as tweespraak – Mario Relandini en Rina Cascione

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-01-14

"Die gruwels van die oorlog word deurlopend gejukstaponeer met die vaderfiguur wat bo alles uittroon en as betowerende memoires geboekstaaf word. Dié roman is ’n moet-lees wat tot op die laaste bladsy ’n sekulêre gebed word aan ’n ouer wat nooit vergeet sal word nie." 

Springmielies: Lara

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-12-09

"Soms, vir ’n breuksekond, skeur die vlies tussen wêrelde en sien jy met jou binne-oog."

Heil die Leser!: Oor kortkuns, briewe en toesprake

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-12-06

"Toesprake is, vir die interessantheid, ook ’n literêre subgenre en beklee as sulks ’n unieke plek in die kanon van retoriek, redenaarskuns en letterkunde." Nini Bennett-Moll skryf oor die kuns van kortkortverhale (Op die kantlyn deur Marnus Kok), briefromans (Hallo, Ma deur Chrisna Beuke-Muir) en toesprake ("Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp).

Springmielies: Die intieme kameraderie tussen vreemdelinge

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-11-21

"Tussen vreemdelinge bestaan daar ’n gevoel van vryheid, omdat hulle nie mekaar se verledes ken nie."

Heil die Leser! Die omstrede Vance – en sy boeiende memoires

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-10-24

"’n Elegie is ’n treursang oor ’n gestorwe persoon. Hiér is die persoon die jonger JD Vance wat sy lewe as hillbilly agtergelaat het [...] Die memoires is ’n dringende en ontstellende besinning oor die verlies van die 'American dream' vir ’n groot segment van die VSA."

Springmielies: Hillbilly-hemel

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-10-18

"Deur die uitbreiding van Trump se aanlyn winkels het hy sy politieke handelsmerk gekommersialiseer in ’n poging om sy ondersteuners te mobiliseer en om só ’n gevoel van kollektiewe identiteit te skep. Donald Trump – die handelsmerk – het die grense tussen tradisionele politiek en verbruikerswese laat vervaag."

Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-10-14

"Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn ... Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media." Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapste stad.

Springmielies: ’n Ode aan popcorn

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-09-11

"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."

Heil die Leser! ’n Oorsig van wetenskapkommunikasie

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2024-09-04

"Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, vir diegene wat belangstel in wetenskaplike natuurverskynsels. Hierdie verbeeldingsreise kom in verskillende gedaantes voor. Daar is byvoorbeeld karakters uit die mitologie en volksverhale; uit wetenskaplegendes; uit fabels, en selfs spookstories."

Madam President!

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-08-14

"Amerikaanse politiek funksioneer soos politieke teater, ’n rollespel wat versterk word deur Hollywood-glans en die hibriede voorstelling van hiperrealiteit. Voornemende kiesers, kykers en belangstellendes is tans besig om, inderwaarheid, die nuwe rolverdeling met die Harris/Trump-presidensiële veldtogte te kies en Suid-Afrikaners doen mee aan hierdie proses, waarskynlik omdat ons eie politiek ter plaatse te vervelig of korrup is."

… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Nini Bennett-Moll Resensies 2024-07-18

"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."

Top