Heil die Leser! Bybelfiksie: van antieke aardbewings tot geurige salwings
2026-09-21"Die waarde van Bybelfiksie lê in sy vermoë om die verlede as ’n morele en geestelike landskap te ontsluit. Wanneer skrywers Bybelse figure of historiese tydperke herskep, doen hulle meer as om net die geskiedenis te laat herleef; hulle toon hoe geloof in konkrete omstandighede – oorlog, ballingskap en vervolging – gestalte kry. Die leser word nie bloot ’n toeskouer nie, maar genoop om empatie te ontwikkel met mense wie se keuses, twyfel en standvastigheid vandag nog relevant is."
Springmielies: Toemaar, die held is nie dood nie
2026-09-18"Ja, natuurlik sal ek die teaser op Huisgenoot se voorblad onthou. Want Bobby Ewing het 'gesterf' aan die einde van ’n seisoen, net om weer sy opwagting te maak in die stort, ’n volle seisoen later."
Heil die Leser! Natuurkundige boeke en die tasbare bewaring van kennis
2026-08-26"Hierdie boeke speel met ’n fyn balans. Hulle is toeganklik genoeg vir die beginner wat net ’n blom of voël wil herken, maar kompleks genoeg vir die kenner wat die agtergrond wil verken – die biologie, geskiedenis, konserveringstatus, etimologie, ensovoort. Die fotografie is helder en kleurvol; die teks toeganklik en warm."
Springmielies: Werk sag met ons, liewe leser
2026-08-24"Aangename kennis, liewe leser. Ek is ’n tweedehandse boek. Ek gaan nie my titel verklap nie; dit kon enige iets gewees het. Kom ons sê eerder dat ek instaan vir talle ander tweedehandse boeke; dat ek, as versamelnaam, namens ons boekspesie praat."
Springmielies: As Fata of Fortuna jou besoek
2026-07-29"Dit bring ons by versekeringseise en die 'daad van God'- / 'act of God'-klousule. Laasgenoemde verwys na ’n natuurlike gebeurtenis wat heeltemal buite menslike beheer is, onvoorspelbaar en onvoorkombaar. Voorbeelde hiervan is ’n storm, orkaan, tornado, hael, weerlig, vloed, aardbewing, tsunami, vulkaniese uitbarsting en so meer. Dit beteken niemand is nalatig nie – die natuur het dit veroorsaak. Volgens versekeringskontrakte was sekere van laasgenoemde ’n daad / dade van God en teoreties kan jy Hom seker (probeer) dagvaar."
Heil die Leser! Om fyn te luister en lekker te lees
2026-07-29"Sy is deur skokterapie (elektrokonvulsiewe behandeling) en die ontnugterende ervaring van ’n staatshospitaal soos Stikland. Totdat sy na haar lyf begin luister het." Nini Bennett-Moll bespreek twee boeke in hierdie maand se boekrubriek.
Heil die Leser! Hannes Visser in die kollig
2026-06-25"Ek het ’n onderwysbeurs gekry – net die hemel sal weet hoe, want ek was nie lief vir skool nie; net vir lees."
Springmielies: ’n Reliek vir my verlore verhemelte
2026-06-18"Die vrou wat daar sit met ’n mond vol tande."
Waterman deur Herman Wasserman: ’n resensie
2026-06-01"Waterman is ’n prikkelende debuut wat bewys dat joernalistieke helderheid en poëtiese diepgang mekaar nie uitsluit nie, maar inderdaad aanvul."
Heil die Leser! Boekpaljas
2026-05-20"Daar het die afgelope tyd heelwat lekker boeke verskyn, en dit was moeilik om ’n keuse vir Heil die Leser! te maak. Tog het ek besluit op ’n boekpaljas van die volgende drie, uiteenlopende boeke."
Springmielies: Winkelkaskenades
2026-05-14"Inkopies doen in Suid-Afrika is veel meer as die koop van brood en melk. Dit is ’n sosiale ritueel, menigmaal ’n avontuur vol humor, frustrasie of vreugde. In die 1970’s en 1980’s was dit veral die klein, persoonlike winkels en kafees wat die hart van gemeenskappe gevorm het."
Heil die Leser!: Waar laventel bloei
2026-04-23"Om persoonlike verlies openbaar te maak help lesers om hul eie gestorwe geliefdes en persoonlike trauma te onthou en sin te vind in ’n wêreld wat skielik kaler en kouer voel. Hierdie boeke getuig van kragtige herinnering: Jy is nie alleen nie. Die skryf oor rou is self ’n daad van liefde – en ’n manier om die geliefde se afwesigheid in woorde te laat voortleef."
Springmielies: Die doodsrituele van diere
2026-04-21"Diere se begrafnisagtige rituele rondom die dood toon dat dit ’n natuurlike deel van komplekse sosiale lewe is. Dit verbind ons met die diereryk en beklemtoon dat treur en die ritueelagtige verwerking van verlies inderdaad ’n brug bou tussen spesies. Dié beskouings verander hoe ons na diere kyk – nie net as wesens wat op blote instink reageer nie, maar as wesens met emosies en bande wat ons eie rou weerspieël."
Heil die Leser!: Oor die poëtika van seine, tekens en simbole
2026-03-30"Koos de Wet se debuutbundel skep nie ’n lawaai nie – dit stuur seine uit."
Springmielies: Waar is al die tuinkabouters heen?
2026-03-23"My kabouter kan dié twee potplante maar bewaak. Want kitsch of oudmodies, dit maak nie saak nie. Ek onthou daardie magiese tydjies wat ek my as kind met 'ander mense' se tuinkabouters kon verbeel – en dalk, net dalk, kan ek nog iets van daardie verwondering herroep."

