Springmielies: Tatoeëermerke as liminale merkers
2025-08-14"Baie mense wat tatoeëermerke aangebring het, bestempel dit as die oorgang na ’n belangrike lewensgebeurtenis. Nou die dag kom die gedagte by my op: In watter mate figureer tatoes as merkers van liminaliteit?"
Heil die Leser! Mishandeling en trauma in Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotzé-Odendaal en Ontbloot deur Marthé McLoud
2025-07-16Nini Bennett-Moll skryf oor boeke wat vroulike trauma aanspreek: "Waar Kotzé-Odendaal se roman die verskillende vorme van geweld eksplisiet takel en beskryf, handel McLoud se gedigte oor die geweld van stilte: oor dit wat verswyg (moet) word; oor misverstande en donker geheime, en oor mense wat by mekaar verby leef."
Springmielies: Oor vreemde fobies en ander volksmites
2025-07-15"’n Kat, wat toevallig swart kan wees, beskik oor die kosmiese vermoë om jou lewe te ontwrig. Dit is magiese denke in sy suiwerste vorm – die (by)geloof dat ’n toevallige gebeurtenis ’n direkte invloed op jou lewenslot kan uitoefen – vergeet vir eers van die wetenskaplike beskouing van oorsaak en gevolg."
Springmielies: Die huis as argitek van die verbeelding
2025-06-13"Jy moes verhuis. Jy het al hoe meer begin slaap – opgekrul gelê op die bed, die labirinte sluimer van ’n skulp, die infiniteit van dagdrome, die poësie van ’n verlore huis. Maande later in 'die nuwe plek' het jy my vertel dat jou verlange na die ou huis so groot is, jy droom snags in reekse daarvan. Elke aand wag jy jou droom in – en elke nag wag die huis jóú in."
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
Springmielies: Oor die ydelheidsindustrie en ander skoonheidsnarratiewe
2025-05-14"Die narratief van beeldskone vroue is so oud soos die mensdom self. Mens kan nie kompeteer met die skoonheidskoninginne van Hollywood, die sosiale media, die geskiedenis en selfs verhaalkuns nie."
Heil die Leser! Sameer Rawjee: KI in perspektief
2025-05-13"Taking the anxiety out of AI kon nie tydiger gekom het nie. Sameer Rawjee is ’n sober stem in die robuuste gesprek rondom kunsmatige intelligensie; hy is veral bekend vir sy vermoë om komplekse KI-konsepte aan ’n wyer gehoor te verduidelik."
Klaarte deur Louis Esterhuizen: ’n resensie
2025-05-02"In Klaarte lewer Esterhuizen berig oor sy digterlike belewenisse in ’n krimpende, kleiner wordende lewensruimte, byvoorbeeld die digter-spreker se huis en tuin, of herinneringe wat uitspeel in denkbeeldige en vergange ruimtes."
Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors
2025-04-16"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"
Heil die Leser!: Narratiewe medisyne
2025-04-15Nini Bennett-Moll skryf oor Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: "Sy skryf die goudaar van ware liefde raak" en oor Uit rou gebore: Na die verlies van ’n lewensmaat deur Elisma van Zyl: "’n liriese verkenning van die blywende krag van liefde te midde van ondenkbare verlies".
Breinlabirint deur François Bloemhof: ’n resensie
2025-04-15"Dit is ’n plot wat enduit boei – nóg ’n suksesverhaal op Bloemhof se kerfstok."
Gekkedag 2025: Die hoogtepunt van wanhoop
2025-04-01"Maar die biometriese stelsel by die hek weier om my wysvinger te lees. BIOMETRIC MISMATCH, wys die skerm. Dis elke dag se storie."
Heil die Leser!: Oor wonderwerke en die antieke gebruik van vas
2025-03-13Nini Bennett-Moll skryf oor Klein wonderwerk deur Hans du Plessis: "Du Plessis het die kompleksiteit van die menslike kondisie verstaan"; en oor Die Bybelse vas deur Ilse Roux: "’n [B]oeiende werk wat ’n mens uit ’n mistiese spirituele of metafisiese invalshoek kan lees en waardeer."
Springmielies: Die magiese en simboliese eienskappe van juwele
2025-03-12"Van antieke Egiptiese amulette tot moderne diamantringe is dit duidelik dat juwele se magiese en simboliese eienskap véél meer as net die versiering van die liggaam – die dekoratiewe – behels."
Springmielies: Intro- en ekstroversie – ’n digotomie, of viering van diversiteit?
2025-02-18"Die internet, met sy stammentaliteit, het Jung se oorspronklike interpretasies van intro- en ekstroversie op sy kop gedraai, met die klem op polariserende eienskappe."

