
Die 86 inkarnasies van Catherine
2024-02-12"Uiteraard is reïnkarnasie herverpak in ’n versuikerde gedaante waarin daar afgewyk word van leerstellings. Begrippe soos old soul en gevoelens van déjà-vu, herhalende drome, ESP, irrasionele fobies, of ’n affiniteit vir vreemde kulture en tydperke is sonder meer aangevoer as redes vir reïnkarnasie."

Oor Pa se kraggereedskap en Pandora se boks
2024-01-15"Vandag is daar USB-herlaaibare bore en skroewedraaiers, maar ek vermoed ’n 'regte' man sal nie gereedskap vertrou wat herlaaibaar is en geassosieer word met rekenaartoerusting nie. Hoe kan ’n 12 volt-boor nou ’n gat in die muur maak?"

Om te flerts, te jodel of te paradeer
2023-12-07"Die studieveld Letterkunde, ook Literêre Teorie of Literatuurwetenskap genoem, is aan universiteite uitgefaseer en is vervang met ’n nuwe veld: Digitale Inhoudskepping. Letterkundiges het hul nut en relevansie verloor in die aangesig van duisende boekbeïnvloeders."

’n Knypie vet van die offergeld
2023-11-16"Ek het jare gelede vir my so ’n lang konsertinabeurs gekoop, een wat oopvou met baie sakkies om al my lojaliteitskaarte in te bêre. En steeds het hierdie beurs nie genoeg plek vir die groeiende aantal kaarte nie. By die meeste handelaars is klante 'verplig' om deel te neem aan die een of ander lojaliteitsprogram – dan ontvang jy ’n kaart wat jy moet skandeer."

Omega | Wetenskapfiksiekompetisie
2023-11-09"Ek gaan alle vlees met lewensasem in laat wegsterwe op die planeet, maar Ek gaan julle begenadig en uitspaar. Bou ’n vuurpyl volgens my voorskrifte: Ek sal my sagtewareprogram, Omega, aktiveer en jou van alle inligting voorsien. Die kodenaam is #PeterSchilling."

Die stereotipering van vroue
2023-10-19"Dit is inderdaad so dat mens ander nie op rigiede wyse in kassies, kompartemente – noem dit wat jy wil – kan plaas nie. Maar dit is wel die geval dat die narratiewe onderliggend aan menslike gedrag en prototipes in patrone bly uitspeel. Hier volg ’n paar van die vroulike stereotipes."

Die stereotipering van mans
2023-09-14"Die popsielkunde van die dag [lei] ongelukkig tot die onnodige en skadelike etikettering van onskuldige mense. Wat my terugbring na die kategorisering van mans – wat deur vrouelesers met opwinding, angs en talle vermanings bejeën word."

Barbie: ’n Feministiese ikoon of ’n paradoks in pienk?
2023-08-28"Uiteindelik word die uiteenlopende beskouings rondom Barbie blote projeksies van vrese en vooroordele op die arme pop-ikoon. En perdalks is Barbie ’n Rorschach-toets in pienk. Diegene wat haar liefhet én haat dra steeds by tot die omstrede en hoogs suksesvolle bemarkingsveldtog wat haar sedert 1959 laat floreer het."

laatnageilande: ’n onderhoud met Marlise Joubert
2023-08-21"Omdat ek meestal laat in die nag skryf en die isolasie soos ’n eilandstilte skerper begin ervaar het, het die titel spontaan na vore gedring."

Analoognostalgie: ’n elegie aan ’n verlore tyd
2023-07-13"Nostalgie bind mense aan mekaar. Tog is daar ’n skadukant aan hierdie bladsye, en dit is dat die hunkering na die verlede."

Hoe die poppe dans
2023-06-13"Volg ’n mens die tydlyn sedert 1959, blyk dit duidelik dat Mattel weet hoe om die popkultuur (woordspeling bloot toevallig!) en eietydse ideologiese invloede in die leefwêreld van ’n pop te inkorporeer. Want poppe speel immers die heersende gedragspatrone, sosiale waardes en projeksies uit."

Die nuwe ge-bot
2023-05-10"Liefdesverhoudings – insluitend dié met ’n erotiese strekking – tussen mens en robot is inderwaarheid ’n ou en bekende konsep. En net soos ou navorsing te berde gebring word, raak ou skrywers se werk weer relevant."

Feit of fiksie: die legende van Jack the Ripper
2023-04-12"Een van die dinge wat my opval is moordenaars se gesigte, veral hul oë en monde. Hulle het bitter, twintig-voor-vier monde. ... Moordenaars se oë is meesal leeg – of is dit dood? ... Ander se oë verklap weer ontsetting ..."

Loeloeraai 100 jaar later
2023-04-11"Loeloeraai se relaas oor die gebruik van sonenergie op Venus, is insiggewend; ook die kritiek, wat elders in die roman gelewer word oor omgewingsbesoedeling en die uitbuiting van werkers in die naam van industrialisasie."

Die middeljarige metroman en ander manewales
2023-03-29"Daar is geen prys op ’n verlore jeug nie. Die tragikomedie van oudword speel uit in nimmereindigende aanlyn wenslysies en gadgets wat troos – en deel word van die steeds groeiende mark vir selfversorgings- en ydelheidsprodukte vir ouer mans."