Nini Bennett-Moll

Nini Bennett is in 1972 in Pretoria gebore. In 2001 behaal sy ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) aan die Universiteit van Kaapstad. In 2002 debuteer sy met ’n bundel kortverhale, Stoornis, wat in 2003 met die UJ-debuutprys bekroon word. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys in die kategorie Afrikaans en die jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, sien die lig in 11 amptelike landstale. Haar debuutdigbundel, Kodeks (2011), en toe Boekstaaf (2015) verskyn by Cordis Trust-publikasies, terwyl haar jongste bundel, Donkerwerk (2019), ’n tuiste by Naledi vind. Sy is werksaam as digmentor, blogger en resensent en woon in Kaapstad.

Foto-erkenning: Die foto van Nini Bennett-Moll en die seun op die foto is verskaf en word gepubliseer met die skriftelike toestemming van die seun se ma, Klara van Zyl. Klara van Zyl is ook die fotograaf van die foto.

 

Die middeljarige metroman en ander manewales

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-03-29

"Daar is geen prys op ’n verlore jeug nie. Die tragikomedie van oudword speel uit in nimmereindigende aanlyn wenslysies en gadgets wat troos – en deel word van die steeds groeiende mark vir selfversorgings- en ydelheidsprodukte vir ouer mans."

Hippokrates se vier temperamentstipes: ’n parodie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-02-14

"Ek wens ons was nie almal so nie. Maar ons is."

Die entiteit

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2023-01-12

"Dit was die tyd toe Eskom se kragopwekkingskapasiteit gedaal het tot 53%. Beurtkrag, wat reeds sedert 2007 ’n ingeburgerde kultuur in Suid-Afrika geword het, het nou daagliks voorgekom. Vir maande reeds is die land lamgelê deur duisternis en ’n ongewone, serene stilte."

Sy naam was Bennie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-12-21

"Daar is min dinge so hartverskeurend as wanneer ’n Facebook-vriend die dood van ’n geliefde troeteldier aankondig."

Grumpy old men: oor Trump, Truss en ander transformasies

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-12-09

"Daar breek ’n tyd in ’n man se lewe aan wanneer hy nog net hees kan grom, soos ’n ou hond. Ja – die grumpy old men-fase is beslis nie vir sissies nie. Dit was tydens hiérdie liminale fase tussen die middeljare en oudword wat professor Miller Moolman onherroeplik verander het. Want sien, Moolman werk sedert die COVID-19-pandemie van die huis af."

Oor stiefma’s, griefma’s en ander stigmas

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-11-02

"Stiefma’s het nie ’n kans nie. Wel, nie regtig nie. Die woord 'stief' dra reeds ’n ingeboude vooroordeel. Dit is pejoratief. Volgens die HAT beteken 'stief' in die eerste plek persone wat verwant is, nie deur bloedverwantskap nie, maar weens ’n later huwelik van die vader of die moeder. Die tweede betekenis dui op 'onvriendelik; sleg; hardvogtig; suinig, onsimpatiek; ongunstig'. Om ’n stiefma te wees, kom met ’n default setting."

Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-10-24

"Mymeringe, die vervlietendheid van dinge, die stiltes op foto’s of dit wat transendentaal beweeg: Kodachrome is ’n bundel met ’n ryk stoffering van temas en ’n boeiende spel met al die wyses waarop ons na die wêreld om ons kyk."  

Wanneer inperkings gawes word

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-21

"Ongeag Paganini se presiese diagnose: Die verstommende buigsaamheid van sy vingers en polse het aan hom ’n besliste voorsprong gegee in die hantering van die strykstok."

Die skadukant van fotografie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-06

"Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie."

Die vrou in die hek

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-08-03

"Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm."

Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-07-19

"Met Tien voor een maak die skrywer haar merk as romansier. Die volgehoue spel met die leser – as gesofistikeerde literêre kommunikasieproses – beïndruk. Die leser begelei die skrywende Odela dwarsdeur haar figuurlike 'dark night of the soul' uit die donker en weer terug na die lig. En dié katarsis reinig skrywer én leser."

’n Kroniek van die populêre kultuur in die ’80’s

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-06-30

"Almal wat in daardie tyd geleef het, dra iets van die ’80’s met hulle saam. Of dit nou ’n gunstelingsong is, of ’n voorliefde vir paisleydasse, Wayfarer-sonbrille – of perdalks die shoulder pads in werksdrag – na alle waarskynlikheid is die ’80’s, as tydvak, die dekade wat deur die heel gelukkigste herinneringe gekenmerk word."

Resensie: minjonet en bitterbos deur Thomas Deacon

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-06-21

"Die toonaard van minjonet en bitterbos is nostalgies en berig oor ’n vertroude tipe kennis en ervaring van die streek en sy mense; die oproep van gedeelde en bekende intiemhede en ’n terughunkering na ’n vergange wêreld."

Van toeval en toeverlaat (Met apologie aan Ingrid Winterbach)

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-05-17

"Mens lag dikwels oor die bisarre wending wat ongelukke kan neem – veral as die kousale gang daarvan in jou guns draai en jy gelukkig (of ongelukkig) genoeg is om te oorleef."

Vlam deur Sidney Gilroy: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2022-04-19

"Gilroy slaag daarin om sy verhaalgebeure as anachronistiese aanbod sinvol en in ewewig te bestuur."

Top